No Image Caption

’n Terugblik op Shark-eiland

Henriette Lamprecht
Die Wetenskaplike Vereniging van Namibië en die Landesmuseum Hannover is die gashere van ’n uitsonderlike uitstalling in die Swakopmund-museum wat die hoogtepunt is van uitgebreide argeologiese en argivale navorsing in Namibië.

Die fokus is die geskiedkundige betekenis van Shark-eiland en die rol wat dit tydens die koloniale era gespeel het. Landesmuseum Hannover is die kurator van die uitstalling, met prof. Katja Lemke wat tydens die opening ’n oorsig gegee het oor die navorsingsekspedisie in 2022 na Shark-eiland.

Die ekspedisie is in samewerking met die Instituut vir Geofisika aan die Kiel-universiteit uitgevoer en het ’n omvattende opname van die gebied ingesluit.

Verskeie artefakte is tydens die ekspedisie ontdek wat vir meer as ’n eeu onaangeraak was. Deel van die ontdekkings was oorblyfsels van geboue uit die koloniale tydperk, insluitend ’n hospitaal vir inboorlinge wat voorheen net bekend was danksy ’n ongepubliseerde Britse kaart van 1915.

Die uitstalling sluit onder meer foto’s en tekste in wat Shark-eiland se rol weerspieël as ’n terrein vir kampe vir dwangarbeiders waarin Herero- en Nama-krygsgevangenes aangehou is.

Lemke verwys ook na die belangrikheid van Shark-eiland as ’n potensiële gedeelde herinnering vir die Herero en Nama en die begin van ’n dialoog oor versoening en ’n terugblik op Namibië se koloniale verlede.

Die uitstalling verken ook die oorgang van die terreine van volksmoord na geriewe vir dwangarbeid en later die konsentrasiekampe wat ’n uitgebreide begrip van die historiese konteks gee.

Die uitstalling wat ’n unieke geleentheid bied om in Namibië se veelvlakkige geskiedenis te delf, kan tot vroeg volgende jaar in die Swakopmund-museum besigtig word. Vir verdere inligting kan die museum se kurator Nadine Phiri by 081 294 7344 gekontak word.

Kommentaar

Republikein 2024-12-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 21° | 34° Tsumeb: 22° | 36° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 23° | 33° Gobabis: 24° | 34° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 21° | 36° Lüderitz: 16° | 29° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 15° | 22° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 24° | 41° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 19° | 38° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 23° | 36° Maputo: 24° | 41° Windhoek: 23° | 33° Cape Town: 16° | 21° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 23° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 23° | 38° Harare: 21° | 36° #REF! #REF!