’n Finale huldeblyk aan Ras Sheehama
Die lewe en nalatenskap van Ras Sheehama, Namibië se geliefde reggae-stem, sal later vandeesmaand die middelpunt van die verhoog wees wanneer ’n nuwe dokumentêre film en portretveiling die kunstenaar vereer wie se musiek generasies gedefinieer het.
Die filmmaker Othilia Tutu Mungoba sal die vertoning van In His Words, ’n dokumentêre film oor die lewe en nalatenskap van dié Namibiese musiekikoon, op Donderdag 25 September in samewerking met die Namibiese Kunstevereniging aanbied.
Dié dokumentêr is egter meer as net ’n biografiese film; dit dien as ’n intieme huldeblyk aan ’n kunstenaar wie se stem en visie die landskap van plaaslike musiek vir meer as drie dekades gevorm het. Dit bevat beeldmateriaal wat nog nooit van tevore gesien is nie en die musikant se laaste sienings wat opgeneem is, waarin hy openhartig praat oor musiek, liefde, bevryding, familie en sy hoop vir die toekoms van Namibiese musiek.
Die projek is die hoogtepunt van ’n herdenking van sy lewenslange toewyding aan sy kuns en sy invloed as een van die land se mees resonante kulturele stemme.
Die voltooiing van In His Words is besonders aangrypend aangesien Ras Sheehama maande lank saam met Mungoba en die visuele kunstenaar Hage Mukwendje gewerk het aan ’n akoestiese en portretveiling-soirée wat vir Erfenismaand beplan is – ’n viering wat beoog om mense bymekaar te bring deur sy musiek en Mukwendje se visuele interpretasie van sy kuns.
Sy skielike heengaan het ’n diep leemte gelaat in beide die musiekbedryf en in die lewens van diegene wat hom bewonder het.
“Om saam met Ras Sheehama te werk, was ’n geskenk,” het Mungoba gesê.
“Hy het my kreatiwiteit gerespekteer, my wildste idees omhels en my gesien vir wie ek was. Sy geloof in my en vriendelikheid was skaars.
“Hy het dikwels gepraat oor die gevare van ego’s in kuns en eerder ’n verbintenis aan ’n kunsvorm en balans aangemoedig. Ek sal hom baie mis.
“My meegevoel gaan uit na die Sheehama-familie – mag hulle vertroosting vind in die wete dat Ras Sheehama lewens oor geslagte heen geraak het en werklik geliefd was.”
Die Namibiese Kunstevereniging het saamgewerk om die geleentheid ’n werklikheid te maak. Mungoba het ’n uitnodiging aan die sakegemeenskap, aanhangers, vriende en die breër gemeenskap gerig om nie net ’n musikant te vereer nie, maar ’n legende wie se klank in die land se kulturele geheue sal bly weergalm.
Die veiling van Mukwendje se eksklusiewe portret van Ras Sheehama, wat nou as ’n versamelaarsitem beskou word, is tans oop.
Belangstellende korporasies en individue kan die Namibiese Kunsvereniging kontak of Othilia Tutu Mungoba by 081 448 5450 vir verdere besonderhede.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie