Voormalige ambassadeur wil denke ‘dekoloniseer’
Trust gestig
Samuel Nuuyoma het 'n trust gestig om Afrikane te leer hoe om hul ingesteldheid ten opsigte van Afrika te 'dekoloniseer'.
Die voormalige Namibiese ambassadeur in Brasilië en ook streekgoewerneur, Samuel Nuuyoma, het verlede week die Institute of Patriotism and Decolonization of African Mindset Foundation Trust in Swakopmund bekend gestel.
Sy eggenoot, Helena, is ’n medestigter en trustee.
Die trust word deur ’n raad van trustees (wat nog gestig moet word) bestuur en sal in Swakopmund gesetel wees waar Nuuyoma gewoon en as burgemeester gedien het voor hy die leisels as goewerneur van Erongo oorgeneem het.
Die doelwitte van die trust sluit in die onderrig van Afrikane om hul ingesteldheid te “dekoloniseer” en die gees van patriotisme, nasionalisme, liefde en respek van mede-Afrikane en Namibiërs te omhels.
Inspirasie
Die trust is daarop gemik om die bewustheid van Afrika en -vertroue te inspireer om koloniale mentaliteite te oorkom; Pan-Afrikanisme te bevorder; die jeug aan te moedig om onderwys ernstig op te neem veral in gebiede wat relevant is tot Namibië se ekonomiese ontwikkeling; en om selfstandigheid te bevorder.
Nuuyoma het verduidelik hy het die inisiatief oor byna ’n dekade ontwikkel en daaroor begin dink weens die kwessies wat Afrika terughou in terme van ontwikkeling en die behoefte om die gedagtes van Afrikane te “dekoloniseer”.
“Ek het besef ek moet met iets prakties vorendag kom en dus die kwessie prontuit benader in plaas daarvan om net daaroor te praat,” het hy gesê.
Hy het verduidelik dat Afrika geseënd is met ’n magdom hulpbronne en intelligente mense met verstand, wat geweldig tot die vasteland kan bydra.
“Die wêreld fokus al jare lank op hierdie vasteland, weet baie goed van die voordele daarvan en ontgin ons hulpbronne. Maar wat van Afrikane self? Daar is ’n behoefte om die gedagtes van Afrikane heeltemal te bevry, tot so ’n mate dat hulle hul eie vasteland suksesvol en tot voordeel van sy mense kan bestuur. Die stryd deur Afrikane vir politieke vryheid, gelyke regte en selfbeskikking sal betekenisloos wees sonder kulturele en ekonomiese onafhanklikheid,” het Nuuyoma beklemtoon.
Buitelandse invloede
Hy het die feit betreur dat die Afrika-jeug se ingesteldheid deur buitelandse invloede en Westerse kulture gevorm is.
“Die sleutel is onderwys wat daarop gemik is om dié denkwyse te bevry en te dekoloniseer. Baie Afrikane is skaam vir hul eie geskiedenis, kulturele norme en waardes as gevolg van hierdie vorige opvoeding.”
Die sleutel tot die implementering van die trust is betrokkenheid.
Nuuyoma het gesê dat ’n kurrikulum ontwikkel en mettertyd aangekondig sal word wat byvoorbeeld vergaderings met groepe jeug, vakbonde, werkers, akademici en politici sal insluit.
Hy het beklemtoon die inisiatief is nie partygebonde nie en die versekering gegee dat die trust die regte van die uitdrukking van individue, die wette van Namibië en dié van Afrika in totaliteit respekteer.
“Dit sal daarna streef om te onderrig en nie in te gryp in daaglikse politieke aktiwiteite nie. Indien nodig, sal dit politici wel aanmoedig om volgens Pan-Afrikaanse-waardes op te tree,” het hy gesê.
Hy het ook beklemtoon dat gesprekke gevoer moet word om mekaar te leer.
“Ons moet met mekaar praat in plaas daarvan om net deur die media te praat, en duidelikheid te gee oor kwessies wat ons dalk nie verstaan nie.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie