A PLACE TO CALL HOME: The Bank of Namibia has relaxed loan-to-value ratios. 
PHOTO: Pexels
A PLACE TO CALL HOME: The Bank of Namibia has relaxed loan-to-value ratios. PHOTO: Pexels

Deposito op tweede huis nie meer ’n vereiste

Yandi Du Plessis
Ogone Tlhage - Daar sal nie meer van voornemende huiseienaars verwag word om ’n deposito neer te sit as hulle ’n tweede huis wil koop nie.

Dit nadat Bank of Namibia (BoN) lening-tot-waarde (LTV)-verhoudings verslap het.

Die sentrale bank het die LTV-verhoudings verslap as gevolg van onlangse ekonomiese toestande en verskuiwings in Namibië se eiendomsmark, het hy gesê.

Die LTV verteenwoordig die bedrag geld wat deur ’n bankinstelling aan ’n lener geleen word om ’n eiendom te koop in verhouding tot die eiendom se prys of waardasie, en die deposito wat van die lener vereis word.

Volgens die BoN maak die nuwe regulasie voorsiening vir ’n verdere verslapping van LTV-verhoudings, veral wat die aankoop van bykomende eiendom betref.

As sodanig vereis ’n verbandlening vir ’n tweede residensiële eiendom geen deposito meer nie, terwyl verbandlenings vir derde en daaropvolgende residensiële eiendomme slegs ’n deposito van 10% vereis.

Bankinstellings het ’n mandaat om omvattende beleide en prosedures daar te stel om nakoming van die LTV-beperkings wat in die regulasies uiteengesit word, te verseker.

BEVORDER BELEGGINGS

Leonie Dunn, die BoN se adjunkgoewerneur, het gesê die veranderinge het ten doel om bedrywighede in die behuisingsektor aan te spoor.

“Hierdie regulasies weerspieël onlangse ekonomiese toestande wat ’n verdere verslapping vereis terwyl finansiële stabiliteit gewaarborg word. Hulle is ontwerp om belegging in die eiendomsektor te bevorder, werksgeleenthede te genereer en ’n positiewe bydrae tot ekonomiese groei en herstel te lewer,” het sy gesê.

Die sentrale bank het in 2017 vir die eerste keer LTV-verhoudings verminder. Destyds is voornemende huiseienaars toegelaat om ’n deposito van 20% op ’n tweede huis te betaal, 30% op ’n derde huis, 40% op ’n vierde huis en ’n deposito van 50% op ’n vyfde huis.

Destyds het die BoN gesê: “Hierdie regulasie sal voornemende eerstekeer-huiskopers ’n beter kans gee om ’n huis te besit, aangesien hulle van die betaling van ’n deposito vrygestel sal word. Dit beteken die handelsbank sal ’n huislening aan die voornemende eerste koper toestaan en daar sal nie van hulle verwag word om ’n deposito te betaal nie.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° #N/A #N/A