Tweede week van Namib Mills-staking
Geen nuwe aanbod nie
Vergadering met bemiddelaar vanaf die ministerie van arbeid lewer geen vordering nie
Die Namibië Revolusionêre Vervoer- Vervaardigingsvakbond (Naretu) se staking by Namib Mills het gister sy tweede week ingegaan.
Die maatskappy, Namibië se voorste voedselvervaardiger en produsent van handelsmerk-stapelvoedselprodukte soos Bakpro, Meme Mahangu, Pasta Polana en Top Score, het verlede week Maandag sy hekke vir vakbondlede gesluit, voordat die staking amptelik Dinsdag afgeskop het.
Ten spyte van 'n vergadering met ‘n bemiddelaar van die ministerie van justisie en arbeidsverhoudinge Vrydag, is geen vordering gemaak met die beëindiging van die staking nie.
Beide Naretu se leier, Petersen Kambinda, en Namib Mills se hoofbestuurder, ST Ackerman, het bevestig dat die maatskappy nie sy skriftelike aanbod wat in November 2025 gemaak is, verander het nie.
“Ons aanbod van 28 November bly staan steeds en ons het sedert geen skriftelike teenaanbod ontvang nie. Ons het sedertdien ook weer die aanbod aan werknemers gekommunikeer, asook aan die vakbond en die vakbondverteenwoordigers," het Ackerman gister gesê.
"Die staking skaad die werknemers deurdat hulle nie betaal word nie, asook die maatskappy wat verliese ly. Soos dit voortduur mag die aanbod verminder en daar mag afleggings volg.”
Namib Mills se hoof van menslike hulpbronne, Amorey Pote, het bygevoeg dat die onderneming vra dat die vakbond enige teenaanbod skriftelik moet indien, sodat daar rekord daarvan gehou kan word. Sy sê dat die onderneming steeds gewillig is om te onderhandel.
Verder het Namib Mills bevestig dat bonusse nie aan deelnemende stakers betaal is nie. Die onderneming se praktyk is om die helfte van die bonus in Desember uit te betaal en die res in Januarie, maar aangesien die vakbondbonusse as 'n deel van die eise in die arbeidsgeskil gelys het, kan dit nie uitbetaal word tensy die geskil opgelos word nie, het Pote bevestig.
Volgens Ackerman het sommige van die stakers sedert verlede week teruggekeer werk toe. “Dit is ook ’n belangrike punt. Die werknemers het die reg en vryheid om terug te keer; dit is deel van die reëls. Ons het dit met die arbeidsministerie opgeneem,” sê hy, in die lig van bewerings dat die vakbond lede inlig dat hulle nie mag terugkeer nie. “Mense kan self besluit,” benadruk Ackerman.
Volgens Pote sal werknemers terug aanvaar word solank hulle nie die reëls oortree of wangedrag gepleeg het nie.
Ackerman erken dat die staking vertraging met verspreiding veroorsaak, maar sê dit word aktief bestuur en dat ten spyte van die onderbreking verlede week weens die belemmering van vragmotorbewegings en intimidasie, prioritiseer Namib Mills produksie en dienslewering aan sy kliente.
Hy het waningling oor ‘n verbeterde aanbod uitdruklik hokgeslaan: “Die totale impak op ons arbeidskoste bly 10%, alhoewel die laagste salarisverhoging aangebied 5% is en die hoogste tot 45%, uitsluitend van die verhoging in mediese dekking en dalk vervoer. Die vakbond eis steed totale impak van tot 36%. Ons aanbod het nie verander of vergroot nie, dit bly dieselfde,” beklemtoon Ackerman.
Kambinda sê op sy beurt dat stakende werknemers steeds in ’n goeie gees oor die staking is, nadat hy oor die naweek Namib Mills se depots in Ondangwa, Otavi en in Walvisbaai besoek het.
“Ons gaan Namib Mills met hierdie staking dissiplineer,” dring hy aan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie