Sementfabriek kan heropen ná regering groen lig gee
Die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping het Cheetah Cement die groen lig gegee om bedrywighede te hervat.
Dit nadat die sementfabriek verskeie geïdentifiseerde gevare in terme van basiese diensvoorwaardes en beroepsgesondheid en -veiligheid, uit die weg geruim het.
Die ministerie het op 10 Mei op die Chinese maatskappy toegesak en beveel dat bedrywighede gestaak moet word. Bedrywighede by die fabriek kon op 23 Mei hervat nadat amptenare tevrede was dat die geïdentifiseerde kwessies reggestel is.
Die ministerie se opdrag om die sementfabriek te sluit het gevolg ná die Namibia Economic Freedom Fighters (NEFF) ‘n ad hoc-besoek aan die perseel afgelê het, waartydens ten minste agt Chinese burgers in hegtenis geneem en gedeporteer is omdat hulle nie geldige werkspermitte gehad het nie. NEFF het die maatskappy destyds daarvan beskuldig dat hulle Chinese burgers in diens neem en inbring om klein take te doen wat deur ongeskoolde Namibiërs gedoen kan word. Volgens die waarnemende uitvoerende direkteur in die arbeidsministerie, me. Lydia Indombo, het die ministerie tussen 16 en 20 Mei inspeksies gedoen om te evalueer of die geïdentifiseerde leemtes gevul is, en die ministerie is nou tevrede met die nuwe reëlings – vandaar die toestemming om die fabriek se deure te heropen.
‘n Verklaring wat Indombo Sondag uitgereik het, lig egter verskeie kommerwekkende veiligheids- en gesondheidskwessies uit.
Tydens ’n aantal inspeksies ná die sluiting van die maatskappy is bevind dat werkers in gevaarlike omstandighede werk, aangesien hulle nie met die nodige persoonlike beskermende toerusting (PPE’s) soos onder meer gehoorbeskerming vir graafmasjienoperateurs, gordels vir rugsteun en gesigmaskers wat ontwerp is vir mynbedrywighede met oormatige stof, toegerus nie.
Daar is ook opgemerk dat werkers sonder enige beligting in die myngebied moes werk.
Geen gesondheids- en veiligheidskomitee is ooit op die perseel aangestel nie, terwyl geen gesondheid- en veiligheidsplan of -beleid in plek was te midde van Cheetah Cement se versuim om gesondheids- en veiligheidsrisiko’s te ondersoek en te identifiseer nie.
Die ministerie het ook bevind dat daar geen voorsiening vir noodhulp of noodvoorraad vir gesondheids- en veiligheidsnoodgevalle was nie.
“Die mynvragmotors word bestuur sonder behoorlike gereedskap en masjinerie om bande te hanteer, die maatskappy het geen veilige werksprosedures vir die hantering van bande in plek nie, en die werkswinkels se beligting is ook onvoldoende,” lui die verklaring.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie