Meer as 100 dalk op straat

Cheetah Cement gee kennis oor afleggings
Chinese werkers tel nie onder diegene wat moontlike aflegging in die gesig staar ná 'n staking gister by die Cheetah Cement-aanleg begin het nie.
Desiree Gases
Meer as 100 werkers van die Cheetah Cement-aanleg buite Otjiwarongo het gisteroggend begin staak.

Die staking word deur die Mynwerkersunie van Namibië (MUN) gelei, en die groep neem tans aan ’n protesaksie by die afgebakende gebied by die fabriek se hoofingang deel, ingevolge die stakingsreëls.

In reaksie op die kennisgewing van die staking het Whale Rock Cement, wat dié aanleg besit, ’n kennisgewing oor afleggings uitgereik.

Die maatskappy het ook ’n kennisgewing by die hoofingang van die fabriek geplak met ’n lys name van al die permanente werknemers wat deur die verwagte afleggings geraak kan word, wat tot 115 werkers insluit.

Dié lys het nie enige van die Chinese werknemers se name bevat nie.

Die hoofbestuurder van Whale Rock Cement, mnr. Kevin Lee, het gesê: “Die bestuur het ’n vergadering op 3 en 4 Augustus met die betrokke werknemers, die vakbond of hul verteenwoordigers geskeduleer om oor die volgende te onderhandel: Alternatiewe vir afleggings; kriteria vir die identifisering van die werknemers wat afgelê moet word; hoe om die afleggings te beperk (indien moontlik); voorwaardes waarop die afleggings moet plaasvind; hoe om die nadelige gevolge van die afleggings te voorkom; en die skeidingspakkette.”

Volgens die bestuur is die rede vir die vermindering in arbeidsmag die ekonomiese omstandighede wat die fabriek sedert die begin van bedrywighede in 2017 in die gesig staar, en om op bedryfsgronde te kan herstruktureer vir optimale benutting van die oorblywende arbeidsmag.

“Drie weke gelede het ons ‘n gesprek met die werkgewer gehad oor ‘n skoftoelaag vir die werkers, maar hulle het nie genoem dat hulle dit nie kan bekostig nie.

“Tot ons verbasing is die afleggingskennisgewing eers uitgereik nadat ons die kennisgewing vir ’n staking gestuur het,” het mnr. Brian Tjihero, MUN se noordelike streekorganiseerder, in reaksie gesê.

Volgens hom is 99,9% van die werknemers wie se name op die lys is, deel van die groep wat aan die staking deelneem.

Die werknemers wat nie aan die staking deelneem nie, het na bewering ’n vorm van die werkgewer ontvang wat hulle moes teken. Dié vorm, wat ‘n vrywillige werkvorm genoem is, het glo verklaar dat die ondertekenaars gewillig is om die stakende werknemers se werk te doen sonder die belofte of aanbod van enige bykomende vergoeding vir die volle duur van die staking.

Tjihero het gesê: “Daar is werknemers wat tot N$100 se behuisingstoelae ontvang, en al wat ons vir die vakbondlede wil hê, is salarisverhogings en aangepaste werksvoordele omdat werknemers geen mediese fonds of pensioen het nie.”

Die MUN wou op 18 Mei ’n vreedsame protesoptrede hou, maar die kantoor van die goewerneur het ingegryp en die betoging is gevolglik afgelas. Verdere onderhandelinge het misluk en die dispuut het in die kantoor van die arbeidskommissaris opgeëindig, wat ’n sertifikaat uitgereik het wat aandui dat die geskil onopgelos is. Dit het die vakbond die groen lig gegee om voort te gaan met hul nywerheidsoptrede.

Die vakbond het aanvanklik ’n salarisverhoging van N$2 000 geëis vir werknemers wat minder as N$6 000 per maand verdien en N$1 500 vir werknemers wat N$6 000 of meer verdien.

Die MUN het ook behuisingstoelae van N$2 500 geëis, asook 10 siekverlofdae per drie-jaar-siklus; twee dae studieverlof; vyf dae deernisverlof; 30% werkgewersbydrae tot pensioenfonds; ’n vervoertoelaag en ’n werkgewersbydrae van 80% tot ’n onderwysfonds.

Die lede van die vakbond beoog om die staking voort te sit totdat daar aan hul eise voldoen word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.08 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.49 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1429.05 | USD to ZAR 18.49 | USD to ZMW 27.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.15/OZ UP +1.01% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.67% | Zinc US$ 2 916.90/T UP 0.19% | Brent Crude Oil US$ 84.12/BBP DOWN -0.002 | Platinum US$ 980.57/OZ UP +0.65% Sport results: Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.08 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.49 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1429.05 | USD to ZAR 18.49 | USD to ZMW 27.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.15/OZ UP +1.01% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.67% | Zinc US$ 2 916.90/T UP 0.19% | Brent Crude Oil US$ 84.12/BBP DOWN -0.002 | Platinum US$ 980.57/OZ UP +0.65%