Konsternasie oor vakatures
Die skielike kansellering van onderhoude vir vakatures deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het ‘n storm in die sosiale media ontketen.
Die kennisgewing aan voornemende administratiewe beamptes met graad 12 is op 4 Februarie op Facebook gepubliseer. Hulle het vir werk by die Katutura-hospitaal aansoek gedoen en die poste is vanaf Januarie tot Maart verlede jaar geadverteer.
‘n Kortlys is onlangs voltooi en onderhoude sou op 7 Februarie plaasvind.
Volgens die kennisgewing wat die ministerie op sy Facebook-blad geplaas het, het “administratiewe komplikasies” die stap veroorsaak. Kandidate is versoek om hul reisplanne te kanselleer.
Me. Maria Kandjungu, ‘n kommunikasiespesialis by die ministerie, sê die aanstellings is bloot op ys geplaas. Kandidate sal oor die pad vorentoe ingelig word.
Die publiek het die optrede as uiters onprofessioneel bestempel. Sommige kandidate het reeds na Windhoek gereis voor hulle die kennisgewing gesien het. Van hulle eis hul geld terug en het gepleit dat hulle nie van die kortlys verwyder moet word nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie