Woord van die week

nxa (ook soms met ’n uitroepteken a.d. einde nxa!) (uitspraak: gew. met ’n suigklank op die x uitgespreek) b.nw. Ook soms nca. (‹Khoi) Goed, lekker of aangenaam: Dis nxa om jou taal te vier (Son, 25 Febr. 2019, E – opskr.). Jy't ons nooit gesê die Boere is so nxa nie. Op al die dorpies word ons ontvang met soveel warmeheid (A. Krog: Tongval, 2005, 33). Afrikaanse Taalraad se nxa! nuwe direksie fokus op taaldiversiteit en inklusiwiteit (LitNet, 30 Okt. 2020, E – opskr.).

Kommentaar

Republikein 2025-09-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer