Wanneer oorwurms oorneem
[email protected]
Jy’s houtgerus besig om jou tande te borsel, daar is niks spesifiek waaraan jy dink nie, en skielik – bam! – begin een of ander liedjie in jou kop draai.
Dis gewoonlik nie een waarvan jy hou nie. Jy’t dit waarskynlik nie eens in die onlangse verlede gehoor nie.
Maar nou sit dit vas soos kougom aan jou skoen.
Jip, dis ’n oorwurm en ons almal ken daai gevoel.
Die term, oorspronklik van die Duitse “Ohrwurm” afgelei, beskryf die onwillekeurige herhaling van ’n aansteeklike deuntjie in jou kop. Maar hoekom gebeur dit?
So, dis nie jy nie – dis die liedjie. Of gewoonlik die refrein wat in jou gedagtes maal. Die meeste oorwurms is liedjies met eenvoudige, herhalende melodieë. Dis kort, dis blykbaar op een of ander vlak lekker, en jou brein vreet dit soos soetkoek op. Dis soos musikale kitskos: maklik om te eet, maar moeilik om te vergeet!
Dink daaroor – ek kan jou amper waarborg daar is niemand in die wêreld wat ’n 10-minute jazzsnit as ’n oorwurm kry nie. Dis altyd daai een reël uit ’n popliedjie wat bly vasklou.
Ek weet ek verwys in hierdie kolom aanhoudend na kenners, maar hier is dit weer. Die oorwurm-verskynsel is iets wat sielkundiges die Zeigarnik-effek noem. Jou brein hou aan dink oor dinge wat nie klaar of volledig is nie. So, as jy net die helfte van ’n liedjie hoor, probeer jou brein dit later “voltooi”. Oor en oor. Vir ure.
Soms maal ’n liedjie nie in jou kop rond omdat dit ’n treffer is nie, maar omdat dit met ’n herinnering verbind is. Die liedjie waarop jy by jou troue gedans het? Daardie liedjie wat jou aan daai heerlike eilandvakansie laat dink? Jou matriekjaar se “anthem”?
Jou brein stoor musiek saam met emosies en ervarings. En wanneer iets jou aan daardie oomblik herinner, begin jou kop DJ speel.
Selfs geure, gevoelens, of ’n spesifieke persoon kan ’n liedjie in jou gedagtes laat op-“pop” (LOL, sien wat ek daar gedoen het?)
Dan is daar ook die oorwurms wat opduik wanneer jy iets doen wat nie jou volle aandag verg nie, soos stort of bestuur (eek!). Dis omdat jou brein dan tyd het om dinge in te vul. En ongelukkig is daardie ding soms ’n liedjie.
Glo dit of nie – stres en angs kan dit ook veroorsaak. Jou brein probeer jou dalk kalmeer of jou aandag aflei.
Die simpelste nuus is dat sommige mense makliker oorwurms kry as ander. As jy baie na musiek luister, ’n instrument bespeel, of net baie lief is vir ’n lekker deuntjie – dit alles maak jou ’n teiken. Mense met nuuskierige koppe en sterk emosies? Hulle sommer ook.
Die vraag is: Is dit ’n slegte gewoonte?
Gelukkig is dit glad nie! Oorwurms is net jou geheue wat werk. Dis bietjie vreemd, dalk irriterend, maar nie gevaarlik nie. In teendeel. Dis ’n teken dat jou brein wakker, aktief en musikaal is.
Nou as jy my sal verskoon. . . “Baby shark do do do. . .”
Oeps. Jammer.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie