Vennoot vir houerterminaal gekies

Groot planne vir Walvisbaai se hawe
Afrika neem kennis van Nam­port se planne om sy hawens uit te brei en sy doeltreffendheid te handhaaf.
Augetto Graig,Precious Nghituanapo
“Ons het onlangs die konsessie van die houerterminaal by die hawe van Walvisbaai aan Terminal Investment Limited (TiL) toegeken en is tans besig om die proses te finaliseer om die private operateur aan boord te kry.”

So het die uitvoerende hoof van die Namibiese haweowerheid (Namport), Andrew Kanime, Woensdag in Swakopmund by die 31ste InterModel Africa 2024-konferensie en uitstalling gesê.

Die kontrak om die hawe se houerterminaal te bestuur is aan TiL van Switserland, ’n filiaal van Mediterranean Shipping Company (MSC), die internasionale verskepingsreus, toegeken.

Die ooreenkoms sal volgens hom ook beteken dat finansiering beskikbaar sal wees om die hawe se ingang dieper te maak en te vergroot, wat toegang tot groter vaartuie sal bied en die kapasiteit vanaf 9 000 TEU skepe na 14 000 TEU skepe sal verhoog, het hy uitgebrei.

Kanime verwag verhoogde produktiwiteit en doeltreffendheid, meer werksgeleenthede en groter direkte en indirekte finansiële voordele vir Namport en die plaaslike waardeketting.

Meer as 350 senior regeringsbeamptes, nywerheidsleiers, hawemeesters, ingenieurs en ander kundiges het tot gister aan die konferensie deelgeneem asook aan die jaarvergadering van die Port Management Association of Eastern and Southern Africa (PMAESA), wat reeds Maandag gehou is.

Tydens die jaarvergadering het PMAESA se voorsitter, Phyllis Difeto, gesê daar is ʼn duidelike wanverhouding tussen die inkomste en die uitgawes en dat ’n sterk strategie vir die mobilisering van hulpbronne kritiek is vir hawens oraloor die vasteland.

“Dit is hoekom ons nou gelei word tot die ontwikkeling van die 2024-’30-sakeplan of strategiese plan,” het sy bygevoeg.

Kanime het by dié geleentheid uitgebrei dat “veral ons hawens dikwels gelys word as van die vernaamste knelpunte vir die doeltreffendheid van handelsvloei tesame met gepaardgaande buitensporige heffings, wat dus die mededingendheid van ons uitvoere op internasionale markte beïnvloed.”

Hy het gesê: “Met 16 uit Afrika se 54 lande wat deur land omring word, is die impak van hoë hawetariewe en mededingendheid selfs meer akuut en breër.”

By die konferensie het Kanime gesê: “Ons gaan dus op vennootskappe fokus om ons rol in die verskaffing van mededingende hawedienste aan Namibië en die streek aan te vul.”

Benewens die ooreenkoms met TiL, lig Kanime ook die onlangse olie-ontdekkings en die belofte van groenwaterstofuitvoere as opwindende ontwikkelings uit wat ’n verdere hupstoot vir Namibië se hawens kan beteken.

Wat olie betref, sê hy NamPort is bevoorreg om ondersteuning aan die waardevolle bedryf te kan bied, insluitend tydens huidige eksplorasie, toekomstige ontwikkeling, latere produksie en die uiteindelike uitfassering.

“Planne is reeds aan die gang vir die uitbreiding van die kaai en werf by Lüderitz om ons hanteringskapasiteit te vergroot. Die langtermynkapasiteit sal in vennootskap met die private sektor ontwikkel word,” sê hy.

Kanime het ook gesê Namport “is gereed om die spilpunt vir ‘groen’ waterstof te wees, en dit vereis dat ons die hawefasiliteite uitbrei om die molekule-uitvoere en gepaardgaande infrastruktuur te akkommodeer. Dit sal ernstige stukrag gee aan die ontwikkeling van die nuwe hawe by Angra Point in Lüderitz.”

Namibië se nuwe adjunk- eerste minister en minister van werke en vervoer, John Mutorwa, het klem gelê op die ontwikkeling van die padkorridors wat Namibië se hawens met Afrika se binneland verbind.

Hy het die nuwe wetsontwerpe op paaie en voertuigmassa wat hersien word, uitgelig. Om vragmotors te oorlaai kan groot skade aan paaie aanrig en die nuwe wetgewing het ten doel om boetes en tariewe vir padinstandhouding te gebruik.

Mutorwa sonder die Walvisbaai-Ndola-Lubumbashi-korridor en die Trans-Kalahari-korridor uit as groot bydraers tot intra-Afrika-handelsontwikkeling.

Buurlande soos Botswana, Zambië en Zimbabwe trek reeds voordeel uit droë hawens wat by Walvisbaai gevestig is en wat deur die korridors verbind word.

Hy sê Namibiese maatskappye in vervoer, logistiek, berging en pakhuise is groot begunstigdes van die geriewe by droë hawens, saam met oliebedrywe.

Mutorwa sê dit is alles in pas met die nasionale strategie om Namibië ’n strategiese logistieke spilpunt te maak.

“Namate ons hawe op Walvisbaai groei, in reaksie op nuwe nywerhede, insluitend die ontdekking van olie, gas en ‘groen’ waterstof, is dit noodsaaklik om ons doeltreffendheid te handhaaf,” sê hy.

“Doeltreffendheid is wat Namibiese hawens die beste hawens in die streek sal maak en handel na die land sal lok,” sê Mutorwa.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026