No Image Caption

Tanzaniër van handel in plante aangekla

Drie Namibiërs is medeskuldiges
Owerhede die afgelope twee jaar beslag gelê op 666 inheemse plante wat gestroop is
Tanja Bause
Ellanie Smit

’n Tanzaniese burger wat glo ‘n hoofpersoon in die handel van plante is en haar drie Namibiese medebeskuldigdes van Namibië sal Donderdag in die Opuwo-landdroshof verskyn vir ’n borgtogverhoor.

Die 29-jarige Diana Mushiku van Tanzanië, Veisiruaije Tjavara (25), Jenniter Simataa (37) en Tjivinda Unatavi (31) is tussen 21 Oktober en 10 November in Okondjombu in die Puros-omgewing in die Kunene-streek in hegtenis geneem met 46 Adenia pechuelii-plante, bekend as Olifantsvoet, wat hulle na bewering sonder ‘n permit geoes het.

Hulle het reeds op 13 November ‘n eerste verskyning in die hof gemaak, maar ‘n borgtogverhoor het nie plaasgevind nie en die saak is uitgestel.

Die woordvoerder van die ministerie van omgewingsake, Romeo Muyunda, het gesê hierdie saak is deel van ‘n groeiende neiging van georganiseerde kriminele sindikate wat plaaslike mense gebruik om Namibië se unieke plantspesies onwettig te oes.

“Hierdie geval is een van vele waar internasionale stropersindikate Namibiese mense gebruik om plaaslike gemeenskapslede te oorreed om die plante teen ‘n klein fooi te vind en te oes.”

Muyunda het gesê die plante word dan oor internasionale grense gesmokkel om vir aansienlike bedrae geld aan plantversamelaars verkoop te word.

Volgens hom het owerhede die afgelope twee jaar beslag gelê op 666 inheemse plante, uitgesluit die onwettige hout, in hul pogings om hierdie nuwe vlaag wildmisdaad te beveg.

“’n Verstommende 430 van die gekonfiskeerde plante was olifantsvoet wat tot 16 kriminele sake en die arrestasie van 37 verdagtes gelei het.”

Muyunda het gesê die meeste van hierdie inhegtenisnemings was die gevolg van intelligensie-geleide ondersoeke onder leiding van die Blou Renoster-taakspan, wat bestaan uit verskeie takke van die polisie wat saam met die departement se ondersoekeenheid werk.

“Ek wil graag die gemeenskapslede van die Khorixas-, Sesfontein-, Puros- en Okondjombo-gebied waar hierdie beskermde plantspesies onwettig geoes word aanmoedig om enige verdagte beweging in hul jurisdiksiegebied aan die owerhede te rapporteer,” het die hoof van die misdaadondersoekafdeling van die Kunenestreek adjunkkommissaris Paavo Iiyambo gesê.

Muyunda het gesê dat kriminele in baie gevalle van buitelanders is en Namibiërs gebruik om die stropery en smokkel met groot persoonlike risiko uit te voer.

“Die aanhouding van Mashiku is dus ‘n groot deurbraak vir Namibiese owerhede wat daarop gemik is om georganiseerde kriminele sindikate te ontwrig.”

Mashiku is aangekla vir die oortreding van die Wet op die voorkoming van georganiseerde misdaad (POCA) en die Boswet. Oortreding van POCA dra swaar vonnisse van boetes tot N$1 miljard en tot 100 jaar gevangenisstraf, of albei.

Haar Namibiese medebeskuldigdes is aangekla van oortreding van die boswet, wat tot boetes van N$8 000 of twee jaar tronkstraf, of albei kan lei.

Myunda het gesê dat na langdurige droogtetydperke hierdie nuwe bedreiging iets is wat gemeenskappe wat in die Kunenestreek woon, nie kan hanteer nie.

“Uit desperaatheid het sommige gemeenskapslede die risiko aanvaar om die onwettige oes en vervoer van plante te onderneem in ruil vir die kleingeld wat deur die kriminele sindikate aangebied word.”

OLIFANTVOET

Die toekoms van die stadiggroeiende Olifantvoetplant bly in die weegskaal.

“Hierdie vreemd gevormde dwergboom verdien sy naam deur amper so wyd te groei as wat hy hoog is. Dit kom net in rotsagtige gebiede van noordwestelike Namibië en suidwestelike Angola voor.”

Myuanda het gesê dat hierdie interessante boom ongelukkig in aanvraag is onder internasionale plantversamelaars.

“Aangesien plante wat in kwekerye gekweek is nie op dieselfde manier as hul wilde eweknieë groei nie, is byna alle Olifantvoet-plante wat in die internasionale handel gevind word, uit die natuur geoes.”

Hy het gesê dat alle gekonfiskeerde plante na die Nasionale Botaniese Tuin gestuur word wat deur die Nasionale Botaniese Navorsingsinstituut (NBRI) bestuur word vir versorging, rehabilitasie en terugplant in die natuur. Die herplantingsproses is egter moeilik, duur en baie plante sal waarskynlik vrek as gevolg van die skade wat aangerig is toe hulle geoes is.

“MEFT neem hierdie misdade teen ons mense en biodiversiteit baie ernstig op,” het Teofilus Nghitila, uitvoerende direkteur van die ministerie, gewaarsku.

“Hierdie misdadigers sal nie ophou voordat ons plante alles weg is nie. Ons kan dit eenvoudig nie toelaat nie, daarom vra ek al ons amptenare regoor die land om gereed te wees om oortreders vas te trek.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Newcastle 5 vs 1 Sheffield United | Fulham 1 vs 1 Crystal Palace | Manchester United 1 vs 1 Burnley | Wolves 2 vs 1 Luton Town | West Ham 2 vs 2 Liverpool | Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Almería 1 vs 3 Getafe | Las Palmas 0 vs 2 Girona | Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Lecce 1 vs 1 Monza | Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Newcastle 5 vs 1 Sheffield United | Fulham 1 vs 1 Crystal Palace | Manchester United 1 vs 1 Burnley | Wolves 2 vs 1 Luton Town | West Ham 2 vs 2 Liverpool | Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Almería 1 vs 3 Getafe | Las Palmas 0 vs 2 Girona | Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Lecce 1 vs 1 Monza | Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026