St George skool vierde in die 'ATKV-Applous' kompetisie
#AKTVStGeorges
Vir die tweede jaar agtereenvolgens het die junior-koor by St. George se voorbereidingskool die top 10-lys van junior-kore in Suid-Afrika gehaal. Met 'n gemiddelde van 87% het hulle vierde geëindig in die ATKV Applous-kompetisie vir junior-kore. Die senior-koor by die skool het 'n goue sertifikaat ontvang, terwyl die kollegekoor 'n silwersertifikaat ontvang het.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie