Rough & Tough Rally weer in Mei
Na ˊn rekordjaar is inskrywings vir vanjaar se Rough & Tough Rally is oop tot 27 April. Hierdie gewilde sametrek vir liefhebbers van ou karre ten bate van die Kankervereniging van Namibië (Can) sal van 16 tot 19 Mei vanjaar plaasvind. Verlede jaar het 280 mense in 78 motors met 35 ondersteuningsvoertuie deur Damaraland getrek in styl.
Die Rough & Tough Rally vereis dat motors wat deelneem voor 1990 gemaak moet wees en dat die oorspronklike waarde van die motor nie meer as N$35 000 mag wees nie. Elke motor moet ook minstens 300 kilometer kan ry op ˊn tenk brandstof.
Die Rough & Tough Rally het sedert 2018 meer as N$3 miljoen ingesamel ten bate van Can, met ˊn rekordgetal van N$1,1 miljoen verlede jaar. Die uitvoerende hoof van Can het Vrydag by die opening van hul nuwe palliatiewe sorgeenheid in die hoofstad gesê dat dié eenheid hoofsaaklik moontlik gemaak is met fondse wat deur die Rough 'n Tough Rally ingesamel is.
Deelnemers word elke jaar aangespoor om volgens ˊn tema aan te trek en hulle motor ook volgens die tema te versier.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie