No Image Caption

Renosterprojek skenk surplus voer aan Suide-boere

Francoise Steynberg
Die Rhino Momma-projek ­beskerm nie net renosters nie, hulle ondersteun ook gemeenskappe. Vanjaar, danksy die oor­vloedige reën oor die grootste deel van Namibië, sal die ­projek nie tot die einde van die jaar sy renosters hoef te voer nie. “Gevolglik het ons meer voer ­geproduseer as wat ons renosters nodig gehad het,” sê renoster­boer Jaco Muller. Sommige plase in die suide van Namibië het nie voldoende reën ontvang het nie en sukkel om hul vee en wild te voer. Die projek het hul oortollige voer gelykstaande aan 2 500 bale gras – ongeveer 50 ton voer – aan boere in die Suide geskenk. Foto Facebook



Kommentaar

Republikein 2025-06-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer