Renbaan opnuut in rep en roer
Ovaalbaan- en Renstelrenne
Die Tony Rust-renbaan buite Windhoek sal vir die tweede Saterdag agtereenvolgens die middelpunt vir wedrengeesdriftiges wees.
Die agtste ronde van die nasionale renstelkampioenskap en die vyfde ronde van die nasionale grond-ovaalbaankampioenskap sal onderskeidelik om 11:00 en 18:00 wegspring.
Hoewel die ovaalbaanrenne op die teerbaan by Tony Rust plaasvind, geld grond-ovaalbaanreëls in die onderskeie klasse vir die jaers met die viersilinders, V8’s en hot-rods.
Die hekke maak teen tien-uur vir toeskouers oop en toegang is N$50 per persoon. Kinders onder tien jaar gaan gratis in.
Verversings kan by die klubhuis gekoop word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie