Ons taal
Sagmoedige Neelsie
Waarskynlik sal jy dadelik weet dat C.J. Langenhoven homself graag “Sagmoedige Neelsie” noem.
Om Langenhoven te lees, is om jouself oop te laat vir ironie, humor en spitsvondige fyn spot. Meestal spot of oordryf hy graag oor homself. Maar baie grinnik, sal jy beslis as jy Langenhoven lees. Selfs die naam wat hy vir homself gekies het, Sagmoedige Neelsie, laat ’n mens dikwels verbaas oor die soort sagmoedigheid wat hy hom aan skuldig maak.
Langenhoven kan met spitsvondige spot toor, maar die wysheid ontwyk hom glad nie. Sy spreuke, gepubliseer in Ons weg deur die wêreld, getuig daarvan. Oordeel gerus self oor enkele spreuke:
“Ek het my eenmaal voorgeneem om heeltemal opreg te wees en ieder ’n man padlangs te sê wat ek van hom dink; maar ek het die koers bedank toe my bure teen my ook begint opreg te word het. (Ek ook so, Boet Nelie. Nou praat ons maar liewer agter hulle rug soos hulle met ons maak.)” Spreuke 367 en 358
“Al is daar witgepleisterde graftes, pleister jou huis ook maar wit. Sindelike klere en vriendelike gedrag is uiterlik, maar ons hoef nie die monopolie daarvan aan die skelms te gee nie. (En ons eie witpleistering sal ook maar nie pure deug en skoonheid verberg nie.)” Spreuke 359 en 360
“Die gewone man weet nie wat hy sê nie; die seldsame man weet wat hy sê; die uitsonderlike man, weet wat hy nie sê nie.” Spreuk 63
Dr. Nicoline Woest
Woordspoor K7
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie