Nuwe vreugde in ou speletjies
Ek dink een van die grootste foute wat ons as volwassenes kan maak, is om “die kinders van vandag” onder ’n vergrootglas te plaas en volgens die konvensies en standaarde van 20 jaar gelede te evalueer.
Ek is opgewonde vir die samelewing as ek kyk na die waardestelsels van vandag se jeug. Hulle is byvoorbeeld baie meer inklusief as wat ons generasie as jeug was. Daar is wel een ding wat ek voel hulle by ons kan leer: Die geduld en deursettingsvermoë wat televisiespeletjies in kinders van die 80’s en 90’s gesmee het!
Vroeër die jaar het ek op die ou klassieke televisiespeletjietoestel afgekom. Ek het sonder aarsel dit vir my aangeskaf, asook ’n paar speletjies wat ek onthou – daardie wat lyk soos kassette. Op die rakkie onder by die televisie pronk Mortal Kombat, Donkey Kong, Super Mario, Ducktails, Tiny Toons en Aladdin. Ná meer as 20 jaar het ek die controller opgetel en in die wêreld van ou-Nintendo teruggeduik.
As kind het ek deur hierdie speletjies gevlieg. Ek het byvoorbeeld Ducktails en Aladdin klaargemaak. Vandag is dit baie moeilik! Ek oordryf nie, ek kom nie verder as vlak drie in Aladdin nie. In Tiny Toons gaan ek die heeltyd aan die einde van vlak twee dood. Game Over! Die enigste speletjie wat ek heel skaflik in vaar, is Mortal Kombat, want ek stel dit op “very easy” wanneer ek speel.
Hierdie speletjies het geen “checkpoints” soos vandag se speletjies nie. Wanneer jy vir ’n uur sit en speel, ver vorder en dan al jou lewens verloor, moet jy ongelukkig van voor af begin. So, dit is baie moeiliker om sekere uitdagings te oorkom; dit neem baie oefening en ure se speel met strategie. Wanneer jy wel sukses behaal, is die beloning soet en volbring; ’n resultaat van geduld en deursettingsvermoë.
Vir hierdie tipe uitdagings word ’n standvastige ondersteuningsnetwerk verlang. As kind het ek dit gehad. Ons hele huisgesin was by televisiespeletjies betrokke. Ek onthou hoe my ouers party oggende voor skool vertel het van ’n nuwe vlak in Super Mario Bros wat ek nog nie betree het nie. My pa het dan die vorige aand hierdie ontdekking gemaak. Of, my ma wat ons 2 uur die oggend van ’n skoolaand wakker gil omdat sy op ’n baie gevorderde vlak in Bomber Man gesneuwel het.
Destydse televisiespeletjies het ’n blydskap tussen mense gekoester. Dit was soms sosiaal. Byvoorbeeld, op laerskool het ek by Zakkie gaan speel om vir my die “control sequence” van Mortal Kombat se karakter-superpowers te wys. Hy was ’n meester in Mortal Kombat. Vandag vra ek vir ChatGPT hoe om hierdie kragte te ontgin. Baie van vandag se speletjies is globaal en ja, dit verbind spelers van oor die hele wêreld, maar die vreugde is virtueel.
My vriende van vandag wil ongelukkig nie saam met my televisiespeletjies speel nie. Hulle verkies om hul tyd op vervelige dinge te bestee, soos weeksbeplanning, vroegslaap en ’n verregaande konsep genaamd belasting.
Tog, op my eie en so tussen die sukkel deur, besef ek dit is beter om televisiespeletjies te speel as om op sosiale media te wees. My tyd op sosiale media gee nie werklik vir my dieselfde genot en bevrediging wat Duck Tales en Mortal Komat bied nie. Die bietjie vordering wat ek in ’n speelsessie maak, voel soos ’n prestasie. In teenstelling, ek het nooit rêrig iets om te wys na ’n halfuur se doom-scrolling op Instagram of YouTube nie.
Wie sou gedink het. . . die “euwel” van die 90’s lyk nou sommer heel mak en onskuldig teenoor die verslawing van die hedendaagse skermtegnologie.
– Gasskrywer
– [email protected]
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie