NG Kerk Namibië: Hervorming vra eerlike insig en Christus as fokus
ANDRE MOUTON SKRYF:
Die brief “NG Kerk Namibië: Tyd vir hervorming”, wat onlangs in Republikein verskyn het, raak aan belangrike vrae oor die toekoms van die NG Kerk in Namibië. Tog is daar ’n aantal verkeerde aannames wat ek graag in perspektief wil plaas, ter wille van ‘n eerlike gesprek en die kerk se roeping tot eenheid in Christus.
Eerstens word daar verwys na die NG Kerk se hantering van selfdegeslagverhoudings as rede vir skeuring en besluiteloosheid. Hierdie siening is ongelukkig nie in ooreenstemming met die feite nie. Die Algemene Sinode van die NG Kerk het in Oktober 2023 bevestig dat die huwelik volgens die amptelike leer van die kerk slegs tussen een man en een vrou bestaan. Hierdie besluit is nie herroep nie en staan steeds.
Tweedens skep die briefskrywer die indruk dat die Sinode alle mag het en gemeentes bloot “geldbronne” geword het, nie ’n akkurate weergawe van die NG Kerk se struktuur is nie. Die NG Kerk funksioneer volgens ’n presbiteriaal-sinodale model, waarin gemeentes deur hul eie kerkrade bestuur word. Sinodes en Ringkomitees het ’n ondersteunende rol, nie ’n magshiërargiese een nie. Gemeentebates behoort aan die plaaslike gemeente, nie aan die Sinode of Ring nie. Predikante word deur gemeentes beroep, betaal en ondersteun.
Ek deel wel die skrywer se oproep tot groter openheid, beter kommunikasie en ware hervorming. As lidmaat in die NG Kerk is ek self diep oortuig dat ons voortdurend moet terugkeer na Christus as ons enigste Fokus. Hervorming vra insig, waarheid en die bereidheid om nie net te kritiseer nie, maar ook verantwoordelik saam te bou.
Ons huidige tyd vra vir ‘n “reset” waarin Christus weer sentraal gestel word – nie in strukture of idees nie, maar in die manier waarop ons leef, lei, en mekaar dien. Ek het persoonlik my stem teen die NG Kerk Namibië se besluit om bande met die Algemene Sinode te verbreek, aangeteken, omdat ek glo dat ware eenheid nie struktureel of ideologies bereik word nie, maar geestelik – in Christus. Laat ons hervorm – nie om te skeur nie, maar om te genees. Hoogagtend
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie