Mynbesit Mynbesit
Wonder Guchu
Terwyl Namibië beweeg na die implementering van ’n vereiste van ten minste 51% plaaslike eienaarskap in alle nuwe mynbou-ondernemings, is daar onsekerheid oor of hierdie belang gratis toegestaan sal word en of dat daar van plaaslike inwoners verwag sal word om vir hul aandele te betaal.
Die voorstel, wat hierdie week deur die minister van myne en energie, Natangwe Ithete by die 2025 mynbou-ekspo aangekondig is, vorm deel van breër hervormings onder die komende wetsontwerp op minerale en is tans onderhewig aan konsultasie met belanghebbendes.
In Maart 2023 het die destydse minister van mynbou en energie, Tom Alweendo, kommer uitgespreek oor die omvang van buitelandse beheer in Namibië se mynbou- en petroleumsektore.
Alweendo het gepleit vir die staat om ’n gratis aandelebelang in sulke ondernemings te hou, met die opsie om bykomende aandele te koop indien nodig en op ’n manier wat beleggersvertroue handhaaf.
Inklusief
Die beleid vir 51% plaaslike eienaarskap sal geformaliseer word deur die minerale wetsontwerp en is bedoel om Namibiese deelname aan belange in komende mynbouprojekte te bevorder.
Tot op hede is dit nie bevestig of die 51%-aandeelhouding gratis of deur direkte belegging verkry sal word nie.
Gebaseer op vorige amptelike opmerkings – insluitend dié van Alweendo – is dit waarskynlik dat ’n gedeelte van die belang gratis deur die staat gehou sal word, met die res wat deur onderhandeling of betaling verkry sal word.
Ekonoom Omo Kakujaha-Matundu sê die ideale situasie is dat Namibië sy hulpbronne ontgin en verkoop tot voordeel van sy mense, maar het nie die kapitaal en kundigheid nie.
“Die narratief moet verander. Dit is beter om die hulpbronne in die grond te los eerder as om dit vir kleingeld weg te gee.
As Namibië in die verlede beter mynboutransaksies beding het, sou ons nie vir ’n gratis belang gesoebat het nie,” het
Kakujaha-Matundu gesê.
Moeilik
Almandro Jansen van Simonis Storm sê ernstige beleggers gaan moeilik te vinde wees vir ’n belang van 51%, veral op ’n gratisgrondslag,
“Eksplorasieprojekte kan sewe tot 10 jaar duur en tien tot honderde miljoene dollars kos, dikwels sonder enige waarborg op sukses. Wanneer ’n regering sê: ‘Jy neem al die risiko, maar ons sal die meeste van die beloning neem,’ verbreek dit fundamenteel die kommersiële logika waaronder beleggers werk.
“Selfs die beste hulpbronne-spel kan laat vaar word as die beleidsomgewing te onvoorspelbaar of ongebalanseerd raak,” het Jansen gesê.
Volgens Jansen is die verhoging van plaaslike eienaarskap ’n geldige benadering; ’n algemene 51%-gratis-oordragmodel sal Namibië egter waarskynlik van globale eksplorasiebegrotings uitsluit.
Hy het gesê beleggers het opsies om te gaan waar die terme redelik is, waar hulle hul kapitaal kan beskerm, en waar langtermynreëls nie skielik verander nie.
“As eksplorasie verlangsaam of heeltemal opdroog, sal die langtermyn-impak nie net minder mynbouprojekte wees nie; dit sal verlore werksgeleenthede, verlore tantieme, minder skakels na plaaslike voorsieningskettings en uiteindelik stadiger strukturele transformasie beteken,” het hy gesê.
Baie lande gebruik toenemend ’n model waarvolgens die regering ’n belang in die bedryf het waarvoor hulle eers begin betaal sodra die myn kontantvloei begin genereer of hulpbronhuurbelasting wat winste opneem sonder om beleggersbelang van dag een af te verdun.
Skuld
Epangelo Mining, wat die staat se belange in die sektor verteenwoordig, het ’n relatief klein belang in myne wat in bedryf is. Die mees noemenswaardige aandeelhouding is in die Husab-uraanmyn wat deur Swakop Uranium bestuur word, met die meerderheid aandele wat deur China General Nuclear (CGN) besit word.
Epangelo Mining, wat die staat se belange in die sektor verteenwoordig, hou ’n relatief klein belang in operasionale myne.
Die mees noemenswaardige aandeelhouding is in die Husab-uraanmyn, wat deur Swakop Uranium bestuur word en met meerderheidsbesit van China General Nuclear (CGN).
In November 2012 het Epangelo ’n 10%-belang in die projek verkry deur ’n lening van US$214 miljoen, wat later verhoog is tot US$258,9 miljoen.
Destyds was die US$214 miljoen gelykstaande aan ongeveer N$1,76 miljard, en die hersiene leningswaarde van US$258,9 miljoen is ongeveer N$2,12 miljard. Die lening was gestruktureer om oor 15 jaar terugbetaal te word uit toekomstige dividende, met rente vasgestel op Londen interbank-aangebode koers (Libor) plus 6%.
Epangelo se 10%-belang in die Kombat-kopermyn dateer terug na Desember 2012, toe dit verkry is deur ’n ekwiteitsbydrae aan Manila Investments, saam met ander Namibiese beleggers.
In Oktober 2014 het Epangelo ’n 7,5%-belang in die Navachab-goudmyn van QKR Namibia verkry. Hierdie aankoop, na bewering ter waarde van ongeveer N$259 miljoen, is deur die staat befonds.
Die maatskappy bespreek ook die verkryging van ’n minderheidsbelang in die Kokoseb-goudprojek, wat WIA Gold bedryf. Verslae koppel Epangelo aan ’n 20%-belang in die projek via Manila Investments, maar daar is geen amptelike bevestiging of dit verkry, oorgedra of verdien is nie.
In 2012 het Epangelo onderhandel om ’n 5%-belang – met ’n opsie om tot 10% te verhoog – in Bannerman Energy se Etango-uraanprojek te koop. Die transaksie is nooit voltooi nie.
Epangelo besit ’n 8%-belang in Sakawe Mining Corporation, wat as Samicor Diamonds bedryf word.
In 2013 het Epangelo ook ’n 5%-belang in Yellow Dune Uranium Resources verkry, ’n gesamentlike onderneming met Reptile Uranium Namibia en Deep Yellow.
VOORBEELDE OP DIE VASTELAND
Zimbabwe se Wet op Inheemse en Ekonomiese Bemagtiging van 2008 het vereis dat inheemse burgers ten minste 51%-eienaarskap in alle sektore, insluitend die mynbousektor, moet hou.
Alhoewel hervormings in 2018 hierdie vereiste vir die meeste sektore verlig het, geld die 51%-reël steeds vir die diamant- en platinumbedrywe.
In die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) laat die hersiene 2018-mynboukode die staat of plaaslike vennote toe om 51%-eienaarskap in strategiese minerale te hou, tesame met ’n verpligte 10%-belang wat gratis verkry is.
Burkina Faso, onder sy oorgangsadministrasie, eis dikwels 51% plaaslike eienaarskap tydens onderhandelinge, al vereis die formele mynboukode slegs ’n 10%-staatsaandeel en laat tot 25% vir plaaslike beleggers toe.
Tanzanië vereis ’n minimum 16%gratis staatsbelang in alle mynboulisensies en vereis dat die meerderhreid mynboudiensverskaffers in plaaslike besit moet wees.
Suid-Afrika, hoewel hulle nie ’n 51%-reël afdwing nie, stel ’n vereiste van 30% swart eienaarskap in kragtens sy mynbouhandves deur die raamwerk vir breë swart ekonomiese bemagtiging.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie