Min jeug meld korrupsie aan
Internasionale Teenkorrupsie Dag is Dinsdag
Slegs 15% van teenkorrupsie klagte word deur jong mense by die ACC ingedien
Internasionale Teenkorrupsiedag word vandag herdenk met en vir die tweede agtereenvolgende jaar beklemtoon die tema dat jongmense korrupsie moet beveg.
“Saam met die jeug teen korrupsie,” is vanjaar se tema. Alexander Ngola, openbare onderigbeampte vir die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC), sê uit alle klagte van vermoedelike korrupsie wat by die ACC ingedien word, slegs 15% deur jong mense aangemeld is.
Ngola was Vrydag deel van 'n paneelbespreking in Windhoek wat ook deur die plaaslike adjunkverteenwoordiger van die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram (UNDP), dr. Christian Shingiro, bygewoon is. “Baie jongmense voel dat die stelsel nie vir hulle werk nie.”
Hy sê vertroue in die stryd teen korrupsie neem onder jong mense af, tog is jong Namibiërs volgens hom “die magtigste mag teen korrupsie.”
Shingiro beklemtoon: “Jou stem maak saak, jou waaksaamheid maak saak en jou leierskap maak saak. “’n Korrupsievrye Namibië sal nie vir julle geskep word nie, dit sal deur julle geskep word.”
Volgens die hoofonderwysbeampte van die ministerie van onderwys, vernuwing, jeug, sport, kuns en kultuur, Irene Garthoff, is korrupsie nie aanvaarbaar nie en hoort nooit aanvaarbaar te wees nie. “Julle is die geslag wat die siklus van stilte [teen korrupsie] kan breek. Wanneer julle aandring op deursigtigheid by die skool, by die sportklub, by jullbyeenkomste, stel julle ‘n nuwe standaard vir Namibië.”
Sy sê die bekamping van korrupsie is belangrik, maar die voorkoming daarvan is belangriker en dat jongmense geïnspireer moet word om eerlikheid en integriteit vir hulself te kies.
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) se direkteur, Graham Hopwood, het die regering se mislukking om toegang tot inligting, wetgewing en die wet op die beskerming van hokaairoepers te implementeer, betreur.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie