Kankergevalle styg met 12%
Dringende behoefte aan gekoördineerde optrede
Die uitvoerende direkteur van gesondheid het tydens die opening van die Kankergenomika-konferensie kanker as 'n groeiende openbare gesondheidskrisis in Namibië beskryf wat jaarliks duisende families raak.
Elizabeth Kheibes
Kankergevalle in Namibië styg jaarliks met ’n verbysterende 12% met 4 000 nuwe gevalle wat elke jaar aangeteken word.
In die lig van die groeiende kankerkrisis in die land het die uitvoerende direkteur van gesondheid en maatskaplike dienste, Penda Ithindi, die dringende behoefte aan gekoördineerde optrede beklemtoon. Ithindi het tydens die opening van die Kankergenomika-konferensie wat deur die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) aangebied word, kanker as ’n groeiende openbare gesondheidskrisis in Namibië beskryf wat jaarliks duisende families raak. Prostaatkanker is die mees algemene kanker by mans en bors- en servikale kanker onder vroue. Volgens hom word baie gevalle egter vererger deur laat diagnosering en beperkte toegang tot behandeling.
Met verwysing na die voorkoms van kanker in Afrika het Ithindi gesê meer as ’n miljoen nuwe gevalle word jaarliks aangemeld, met getalle wat na verwagting teen 2040 skerp sal styg.
Infeksieverwante kankers soos servikale en lewerkanker saam met leefstylverwante kankers plaas druk op gesondheidstelsels wat reeds wankelrig is.
Volgens hom het die Namibiese regering ’n multisektorale benadering tot die krisis, met die bekendstelling van inisiatiewe om voorkoming, vroeë opsporing en behandeling te versterk.
“Ons prioritiseer die skandering vir bors- en servikale kanker deur diagnostiese kapasiteit te verbeter en toegang tot noodsaaklike medisyne en radioterapie te verseker. Beleggings in die Namibië Onkologiesentrum, patologie-, chemoterapie- en radioterapiedienste en mobiele skanderingsdienste brei ook sorg uit na landelike en afgeleë gebiede,” het Ithindi gesê.
Hy het verwys na struikelblokke in veral met die kapasiteit van ’n werksmag, infrastruktuur en hulpbronne.
“Hierdie uitdagings vereis voortgesette toewyding en innoverende oplossings,” het Ithindi beklemtoon.
Erold Naomab, Nust se visekanselier het op sy beurt die rol van navorsing en onderrig beklemtoon in die stryd teen kanker.
“Grondverskuiwende navorsing is noodsaaklik vir deurbrake om kanker te verstaan, te diagnoseer en te behandel. By Nust doen ons kankergenomika-navorsingsgroep baanbrekerswerk in studies om genetiese biomerkers wat uniek is aan Namibiese bevolkings te identifiseer en om te ondersoek hoe genetika en omgewing kankerrisiko en -progressie beïnvloed,” het hy gesê.
Die konferensie dien ook as ’n platform om presisie-geneeskunde in Namibië te bevorder. “Presisie-geneeskunde, gebaseer op genomiese insigte, hou ongekende belofte in vir die transformasie van kankerbehandeling deur terapieë aan te pas by individuele pasiënte se unieke genetiese profiele,” het Naomab gesê.
Die drie dae lange konferensie, met die tema “Harnessing Functional Genomics in Cancer Research: Opportunities for Diagnosis and Treatment”, bring wetenskaplikes, gesondheidsorgpersoneel, beleidmakers en internasionale rolspelers bymekaar om innoverende benaderings in kankersorg, diagnose en behandeling te ondersoek. Die eerste kankergenomika-konferensie in Namibië duur tot 26 September 2025, met sessies wat datasekuriteit, beleidsraamwerke en billike toegang tot sorg sal aanspreek.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie