Inligtingstegnologie bied vele geleenthede
Nuwe tegnologie-ondernemings kán floreer in Namibië, maar daar sal ondersteuningstelsels in plek moet wees, meen 'n kenner.
Namibië moet volgens die uitvoerende direkteur in die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie, dr. Audrin Mathe, belegging in en ondersteuning vir nuwe ondernemings in die tegnologiesektor aanmoedig.
"Ons stel ’n Namibië waar nuwe ondernemings floreer in ons vooruitsig, waar vernuwing ondersteun word en waar ons jeug inligtingstegnologie (ICT) nie net sien as ’n studieveld nie, maar as ’n veld van geleenthede," het hy verlede week by ’n Tech Huddle-geleentheid in die hoofstad gesê.
Dr. Arpit Jain, die hoof van die Indië-Namibië Sentrum vir Uitnemendheid in Inligtingstegnologie (INCEIT), meen daar is geldige redes is vir Mathe se voorstel."Ek glo daar is nog baie potensiaal om Namibië se nuwe tegnologie-ondernemings te bemagtig," het hy gesê.
Jain meen dat onderrig oor tegnologie die eerste stap in die regte rigting is. "Wat ons eerste moet doen is om goeie infrastruktuur te ontwikkel en veral in die opvoedkundige sektor waar studente opgelei moet word in die tegniese aspekte en hoe om infrastruktuur doeltreffend te gebruik," het hy gesê.
"Ek voel ons moet meer moeite by die wortels insit - dit wil sê in onderrig. As studente en die volgende geslag goed opgelei is, sal hulle leer oor die soorte tegnologie wat hulle kan gebruik en hoe hulle van tegnologie gebruik kan maak om hul besighede te verbeter," sê Jain.
Namibië se jeug sal ook volgens Jain baat by onderrig in ander velde. "Ons moet ook vir hulle oplei in entrepreneurskap. Ons moet vir hulle sagte vaardighede en interpersoonlike vaardighede leer sodat dit alles sal bydra tot entrepreneurskap," sê hy.
Die regering kan volgens Jain egter nie met sy hande gevou sit nie. "Afgesien van onderrig en entrepreneurskap, dink ek die regering moet ook bydra tot die ondersteuning van ons jongmense sodat daardie jong entrepreneurs en leerlinge wat uit ’n skool uit kom en nie werk het nie, ten minste ondersteuning van die regering kan ontvang om hul ondernemings te ontwikkel," het hy gesê.
Beleidsmakers sal ook digitale infrastruktuur en wetgewing in hierdie verband instel. Namibië kan ook uit ander lande se voorbeelde leer. "Die regering moet ook hul digitale infrastruktuur en beleide verbeter en kan kennis van internasionale bronne gebruik, want ons moet by ander lande leer hoe hulle beter vaar as ons of hoe hulle uitblink," sê Jain.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie