Haastige minimalistiese era
In ons egte katoenjare was ons welbekleed met ordentlike kledingstukke. Spoggerig en klassiek.
Toe kom dot.kom; die haastige minimalistiese era.
Alles kompak, kits, effentjies.
So word kledingstukke kledingSTUKKEND. Dis gate, skeure en rafels – lyfblootstelling galore.
Dis ’n kaalboud-uitpeulpram-modegier. Alles oppie vlak. Buuste soos uitbundige tweelinge op ’n skoppelmaai.
Die matriekafskeidrokke is ’n Jennifer Lopez- of Kardashian-skouspel. ’n Kompetisie wie vat die trofee vir “maksimum naaktheid”.
Ek sien die ander dag ’n mooi rooi polkadot-truitjie in ’n winkel en skuif kinderlik die hangers net om te vind die trui stop knap onder die buuste. Wat ’n antiklimaks. Wat vir ’n ding is dit? Winter trou met Somer? Mens skep mos nie roomys langs bredie nie.
Selfs bruide raak kaler by die jaar. Hoe klassiek was outydse bruide toegedraai in satyn en kant soos ’n kosbare geskenk vir haar bruidegom. Die bruidegom dra ’n stywe broek . . . Alles op ’n knop!
Lang leerstewels wat verby die knieë strek, word gedra met ’n tipe swembroek-broekie – die inding by popsterkonserte.
Oupa Hans was reg: Die nylontyd sal kom met verydeling, vervalle waardes. Stem julle saam dat ’n halfnaak vrou ’n luide kreet vir aandag is; ’n oorryp vrug wat verslind wil wees?
– Gasskrywer

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie