Etosha brand!
Francoise Steynberg
Die vliegtuig van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme (MEFT) is ingespan om die verwoestende veldbrand in die suidwestelike deel van die Etosha Nasionale Park waar te neem waar glo al meer as 100 000 hektaar afgebrand het.
Sedert die veldbrand Maandagaand buite die park uitgebreek het, “het die brand met groot intensiteit voortgeduur, aangevuur deur sterk winde en uiters droë plantegroei,” het die ministerie in ’n verklaring gesê.
“Die brand bly moeilik om te beheer en versprei vinnig in verskeie rigtings. Die brandsituasie is onvoorspelbaar en kan vinnig verander, afhangende van die windrigting,” het die woordvoerder, Ndeshipanda Hamunyela, gesê.
Volgens haar het die brand vermoedelik ontstaan weens nabygeleë houtskoolproduksie voordat dit na die park versprei het.
Die brand het volgens bronne op die grond op die hervestigingsplaas Helaas begin waar ’n huis ook in die spervuur was. Die brand het na naburige plase versprei waar byna 10 000 hektaar ooswaarts vernietig is. Op die plaas Kaross, wes van Helaas, het 700 hektaar afgebrand, het die Britse eienaar, Harvey Boulter, gister aan Republikein gesê.
Hamunyela sê die ministerie word goed ondersteun deur die Namibiese weermag (NDF) en naburige gemeenskappe wat onvermoeid gewerk het om die situasie te bestuur.
“Prioriteite is die beskerming van menselewens, wildlewe, belangrike infrastruktuur soos boorgate, patrolliekampe en weidingsgebiede. Brandpaaie is gemaak om die brand te blus, terwyl voorbrandpogings deur sterk winde en digte, droë gras belemmer is.”
Volgens die ministerie sal die volle omvang van die skade eers bepaal word nadat die brand onder beheer gebring is: “Geen wildlewe-ongevalle is tot dusver bevestig nie, hoewel assesserings steeds aan die gang is weens die onvoorspelbare en wydverspreide aard van die brand.”
Die ministerie waarsku die publiek en besoekers aan die Etosha Nasionale Park om versigtig te wees en geraakte gebiede te vermy.
Nog ’n ernstige waarskuwing is gerig: “Die publiek, in die besonder individue en maatskappye wat betrokke is by aktiwiteite soos houtskoolproduksie, moet verseker dat hul bedrywighede veilig uitgevoer word, deur omliggende gebiede skoon te maak en voldoende brandvoorkomingsmaatreëls in plek te stel.”
Die ministerie sal verdere opdaterings verskaf soos die situasie ontwikkel.
- [email protected]
Klik op die skakel: https://q.my.na/K5O6

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie