Engels van moord in Britse hof aangekla

Bejaarde man sterf weens ernstige beserings
Die eienaar van Mount Sinai-rehabilitasiesentrum by Usakos wat voorheen beweringe van geweld teenoor pasiënte ten sterkste ontken het, staar nou 'n moordklag in die gesig.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg

Die eienaar van ’n rehabilitasiesentrum by Usakos, Arno Engels (39), is in aanhouding in ’n Britse tronk in verband met die moord op ’n 80-jarige man van Wes-Sussex in Engeland.

Volgens Britse media is Engels, aangekla van die moord op sy woonstelmaat, Anthony (Tony) Scarrott, nadat hy aan sy beserings in ’n hospitaal beswyk het.

Scarrott is op 11 September om 20:20 met ernstige beserings by ’n adres in Westcourtweg, Worthing, gevind en is in ’n hospitaal opgeneem.

EERS AANRANDINGSKLAG

Engels glo is aanvanklik in hegtenis geneem op aanrandingsklag en op borgtog vrygelaat hangende verdere ondersoeke.

Scarrott het egter op 14 September in die hospitaal gesterf en Engels is toe in hegtenis geneem. Hy het op 19 September op ’n moordklag in die Lewes-kroonhof verskyn. In die hof is onthul dat Engels en die slagoffer mekaar geken en in ’n woonstel “saam gewoon” het.

VERHOOR IN MAART 2026

Engels het nie gepleit nie. ’n Voorlopige verhoordatum is vir 9 Maart volgende jaar vasgestel.

Hy moet op 5 Desember 2025 weer in die hof vir ’n pleitdoeleindes en voorverhoorverrigtinge verskyn en bly in aanhouding.

Engels, die eienaar van die Mount Sinai-rehabilitasiesentrum, is volgens die webtuise (wat intussen gesluit is) ’n oudverslaafde wat in 2020 vier jaar “skoon” was.

‘MISHANDELING VAN PASIËNTE’

Dié geloofgebaseerde sentrum vir die rehabilitasie van alkohol- en dwelmverslaafdes se deure is volgens berigte deur die ministerie van gesondheid en maatskaplikse dienste se gesondheidsdirektoraat in die Erongostreek in 2021 en 2023 gesluit weens beweringe van die mishandeling van en geweld teenoor pasiënte. ’n Besoeker van ’n familielid het in 2021 beweer dat ’n man aan ’n boom by die sentrum vasgeketting was. Engels het toe alle beweringe ontken. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-11-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer