Dr. Ulf se liefde vir diere
Beduidende bydrae tot dierewelsyn en wildbewaring
Henriette Lamprecht
In die wêreld van wildbewaring en die omgewing met sy wildlewewonders, is daar ’n Jane Goodall en ’n Sir David Frederick Attenborough. In Namibië is daar ’n dr. Ulf Tubbesing, ’n wildlewe veearts wat benoem is as een van tien mense in die wêreld wat beduidende bydraes tot dierewelsyn en wildbewaring gemaak het. Dr. Ulf, wat saam met Mariska Bijsterbosch die gedugte span vir Wildlife Vets Namibia is, is vir die Worldwide Vets Golden Star benoem. Laasgenoemde is ’n wêreldwye liefdadigheidsorganisasie vir veeartseny wat in meer as tien lande en oor vier vastelande werk. Buiten om dierewelsyn volhoubaar te verbeter, verskaf dit ook veeartsenysorg en is nog ’n doelwit om opleiding in veeartseny wêreldwyd te verbeter.
Dr. Ulf is ’n gebore en getoë Namibiër wat veeartseny studeer het in 1983 graad by Onderstepoort, Fakulteit Veeartsenykunde aan die Universiteit van Pretoria graad gevang het. Hy begin werk by ’n 24 -uur nood- en verwysingskliniek in Johannesburg, waarna na hy by Onderstepoort spesialiseer en ook hier klasgee. In 1994 keer dr. Ulf terug na sy geboorteland en word later die eienaar van die Rhino Park Veeartsenykliniek. Teen 2009 groei sy werklas vir wildlewe tot ’n amper voltydse werk wat hom laat besluit om die kliniek te verkoop om voltyds net hierop te fokus. Danksy sy jarelange betrokkenheid het dr. Ulf baie ondervinding in die verskillende velde van veeartsenymedisyne vir wildlewe opgedoen wat die meeste van die Suider-Afrikaanse wildspesies betrek. Benewens sy besige skedule as veearts, gee dr. Ulf ook gereeld lesings by boeredae en veeartsenykonferensies oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe wat verband hou met wildlewe. Hy is ook ’n bykomende dosent by die Universiteit van Namibië (Unam) se nuwe Fakulteit Veeartsenykunde.
Mariska Bijsterbosch, dr. Ulf se regterhand by Wildlife Vets Namibia is oorspronklik van Nederland waar sy studeer het om ’n veeartseny verpleegster te word. Mariska se eerste werk as as ’n dieretuinbewaarder by die Afrika-afdeling in Ouwehands Dieretuin. Terwyl sy hier werk, verwerf sy ’n BSc-graad in Wildlewebestuur. Haar reis met Afrika en in veral Namibië begin toe sy die geleentheid kry om haar internskap by die Cheetah Conservation Fund in Namibië te doen en sy haar hart op die land verloor. Ná haar studie werk sy as ’n navorsingsassistent vir ’n PhD-projek oor boer-roofdier-konflik in Namibië en keer weer terug na Nederland waar sy ’n MSc in Bos- en Natuurbewaring aan die Universiteit van Wageningen doen. Tydens Mariska se laaste internskap op ’n wildplaas in Namibië ontmoet sy vir Ulf met wie sy kortliks saamwerk. Hy maak haar ’n werksaanbod wat daartoe lei dat sy ’n kursus in immobilisering van wildlewe bywoon en kwalifiseer vir registrasie as ’n persoon aan wie ’n spesifieke aspek van ’n professionele taak gedelegeer is, maar wat nie gelisensieer is om as ’n ten volle gekwalifiseerde professionele persoon te praktiseer nie (para-professional) by die Veeartsenyraad van Namibië. In Februarie 2017 word Mariska ’n volwaardige lid van Wildlife Vets Namibia. Jy het nog tot Maandag (1 Desember) om te stem, met die wenner wat op 5 Desember aangekondig word. Is die Goue Ster vir Namibië vir dr. Ulf, sal hy £500 aan Wildlife Vets Namibia se gekose liefdadigheidsorganisasie The Rhino Momma Project skenk. Stem nou vir Ulf op https://www.worldwide-vets.org/goldenstaraward. Besoek ook Wildlife Vets Namibia se Facebookblad asook hul webtuiste by Willifevetsnamibia.com vir ’n blik op die ongelooflike werk wat hierdie span doen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie