Die skoenlapper-effek
Rubriek
“Ons het geweet as ons wen, dit nie net oor die trofee gaan nie. Dit gaan daaroor om hoop aan mense te gee wat onsigbaar voel.”
– Siya Kolisi, Springbok-kaptein.
Toe Siya en sy span in 2019 die Webb Ellis-beker omhoog gehou het, was sy boodskap duidelik. Dit was nie net ’n sege vir sy span nie, dit was ’n sege vir sy land. Met net sy rugbystewels kon die Bok-kaptein in Nelson Mandela se skoene staan en erken dat sport by magte was om die wêreld te verander en wanhoop in hoop te omskep.
Kolisi is ’n uitsonderlike voorbeeld van hoe opregte en deugsame leierskap wyer uitkring as net ’n enkele oomblik van sukses. Kolisi was in 2019 nie net ’n voortreflike leier vir sy groep groentruie nie. Hy was (en is nog steeds) ’n droomheld vir duisende ondersteuners wat nie deur ouderdom, ras of geleerdheid verblind is nie. Goeie leierskap beïnvloed nie net ’n mens se onmiddellike sirkel nie. Soos die “skoenlapper-effek” kan ’n klein vlerkklappie ’n uitgebreide storm veroorsaak. Besigheid, sport en kultuur lewer uitnemende leiers op wat nie net op gebeure “reageer” nie, maar wat doelgerig gebeure rig en definieer. En daar is meer as genoeg voorbeelde van hoe leiers se optrede verreikende gevolge vir samelewings inhou.
Nelson Mandela, Mahatma Gandhi en Winston Churchill is almal leiers wat hul samelewings op geopolitiese vlak inherent verander het.
Dié leiers se unieke denke en gedrag het die koers van moderne samelewings bepaal, dikwels in gemeenskappe wat deur konflikte geteister was en waar ekonomiese verandering deurslaggewend sou wees. Hul invloed as strukturele en ideologiese argitekte word nou nog besing en hulle sal nog vir vele generasies as simbole van wilskrag en inspirasie beskou word.
Kulturele leiers, soos Oprah Winfrey, Martin Luther King jr. en Chimamanda Ngozi Adichie, se impak is vervat in hul invloed op mense se opvattings oor mag, identiteit en samehorigheid. Hierdie leiers het die morele en emosionele kompas van hul navolgers gerig om gelykheid en geregtigheid te verseker deur samelewingsnorme en -identiteite te bevraagteken. Kulturele leiers is rolmodelle omdat hulle stemme gehoor word wanneer ander wegkyk en swyg.
Noemenswaardig is ook die tegnologiese leiers – die Henry Ford’s en Elon Musk’s van die wêreld. Dis hulle wat daarvan droom om deur vernuwing, tegnologiese vooruitgang vir almal toeganklik te maak. Hierdie leiers is dikwels die katalisators vir globale gesprekke oor gelykheid, klimaatsverandering, kunsmatige intelligensie en etiese vooruitgang. Hulle kry dit reg om te midde van hul eie uitdagings, bestaande norme in industrieë te bevraagteken en risiko’s te bowe te kom.
Godsdienstige en filosofiese leiers het deur hul ideologieë van konflikhantering, samewerking en etiese gedrag, miljoene volgelinge verenig. Onder die invloedrykste geestelike leiers is Jesus Christus, Muhammed en Buddha, maar ook hedendaagse rolspelers soos die Dalai Lama of Desmond Tutu.
Aan die ander kant van die spektrum is daar ongelukkig ook die toksiese leiers wat deur hul selfsugtige, narsissistiese gedrag samelewings en volke vernietig het.
Hierdie leiers is alombekend vir hul wreedheid en miskenning van menseregte, met nasies wat nog steeds die gevolge van die wandade voel.
Siya Kolisi verstaan wat baie mense miskyk – mens hoef nie ’n wêreldleier te wees om ’n
impak in die gemeenskap te maak nie. Al wat mens moet doen is om wanhoop in hoop te
omskep. So klap daai vlerkies . . .
*Annemarie Schullenbach is ’n navorsings-, besigheids- en bemarkingskonsultant met ’n meestersgraad in besigheidsleierskap en veranderingsbestuur van die Namibië Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie. Sy het meer as 20 jaar se professionele ondervinding in die private en openbare sektor, in leierskap, strategie en navorsingsbepaalde belangstellingsvelde.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie