• Tuisblad
  • Afrika
  • Derde jaarlikse Coastal Ryder Cup ondersteun Kids Haven

Die Ryder Cup-gholftoernooi van 2025 het ongeveer N$5 000 vir His House Frail Care ingesamel met die mikpunt om vroeg in 2026 nog ’n groter impak te maak. Foto verskaf
Die Ryder Cup-gholftoernooi van 2025 het ongeveer N$5 000 vir His House Frail Care ingesamel met die mikpunt om vroeg in 2026 nog ’n groter impak te maak. Foto verskaf

Derde jaarlikse Coastal Ryder Cup ondersteun Kids Haven

Annemarie du Toit
Annemarie du Toit

Die gewilde Coastal Ryder Cup-gholftoernooi keer op 3 Januarie 2026 terug na die Rössmund-gholfbaan in Swakopmund vir sy derde agtereenvolgende jaar.

Die jaarlikse toernooi bring nie net gholfliefhebbers van oraloor die kusstreek bymekaar om die sport te vier nie, maar ook om ’n betekenisvolle verskil in die gemeenskap te maak.

Vanjaar word die opbrengste van die toernooi aan Kids Haven op Walvisbaai geskenk. Deur saam te speel vir ’n goeie doel, wil die organiseerders groter bewusmaking skep en wys dat ’n gedeelde passie, tesame met ’n bietjie inisiatief, werklik ’n positiewe impak kan maak.

Die twee spanne wat vanjaar teen mekaar te staan kom, is die Rough Riders en die Bogey Busters. Die Rough Riders word aangevoer deur kaptein Wynand Breytenbach en ondersteun deur Duan Fourie, Kirsten Viviers, André Malan, Giovanni Suardi, Dante Azevedo, Willie Venter en Francois Rautenbach. Die Bogey Busters is onder leiding van kaptein Bertus Venter, saam met MC Engelbrecht, Brad Landrey, Alexander Coetzee, Armand Niemann, Marthinus Marais, Marco Meuwesen en Kian Beyer.

In 2025 is N$5 000 aan His House Frail Care geskenk. Met vroeg volgende jaar se toernooi is die doelwit om ’n selfs groter impak te maak en meer geld vir die ­gemeenskap in te samel.

Individue of besighede wat graag skenkings aan dié liefdadigheidsinisiatief wil maak, kan Wynand Breytenbach by +264 814132170 kontak.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-12-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer