Bybelse wysheid
Bybelse wysheid

BYBELSE WYSHEID

Mandy Rittmann
DR. ANNES NEL

Galasiërs 6:14: ...mag God verhoed dat ek ooit oor iets anders roem as oor die kruis van ons Here Jesus Christus, want deur die kruis is die wêreld vir my dood en ek vir die wêreld

Ons berei ons voor vir Kersfees. Dit nooi ons uit om soos Christus te wees. God het ’n vyandige wêreld liefgehad wat die lig verwerp het, maar Hy het tog gekom.

A.J. Gordon skryf dat die geheim van God se goddelikheid daarin lê dat Hy mens geword het. Die geheim van sonde is dat die mens homself verhef om God te word. Hierdie twee waarhede ontmoet mekaar aan die voet van die kruis. God het nederigheid, selfopoffering en offer gekies, terwyl sonde altyd selfverheffing en beheer kies.

Om slegs in die kruis te roem, is om elke aanspraak op ons eie geregtigheid, regte en status prys te gee. Dit is om te sterf aan die wêreld se maatstawwe van sukses, oordeel en vergelding. Die kruis roep ons na ’n lewe gevorm deur selfverloëning, barmhartigheid en liefde — selfs liefde vir dié wat ons teëstaan.

Kerfees is die begin van die reis na die kruis. Om in die kruis te roem, is nie om dit te bewonder nie, maar om self die pad daarheen te stap soos Jesus: om vyande te vergewe, onreg te verdra en liefde in plaas van haat te bewys. Wanneer ons hierdie pad stap, maak Kersfees sin want dit wys dat ons Christus volg. Dan sien die wêreld die verskil wat Jesus maak.

Here, leer my u pad. Amen.

Kommentaar

Republikein 2025-12-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer