Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Jakobus 3:13;4:6: “Is daar ’n wyse en verstandige mens onder julle? Dan moet hy dit toon deur sy goeie gedrag en deur dade wat van nederigheid en wysheid getuig. Maar die genade wat Hy gee, is nog groter. Daarom sê Hy: ‘God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade.’”
Johannes Chrysostomus (345-407) het gesê nederigheid is die wortel, moeder, versorger en fondament van alle deugde. Dit bind alle deugde saam.
Jakobus sê dat wysheid deur dade van wysheid en nederigheid duidelik is (3:9). Dit is liefde, want dit is “vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig, opreg” (3:17). Ons leer hierdie wysheid slegs by God (3:17). Dis die vrug van die Gees (Gal. 5:22). Nederige mense is geesvervulde mense!
Wat is die teenoorgestelde van nederigheid? Dis moeilik om te sê. Is dit hoogmoed? (Spreuke 29:23). Is dit selfbelangrikheid? (Spreuke 18:12). Is dit arrogansie? Is dit eiebelang? (Fil. 2:3). Miskien moet ons net sê ons is onaangename mense sonder nederigheid. Mense sonder nederigheid se dade is vol bitter naywer en selfsug (3:14,15; 4:1-3). Dit kom van die duiwel (3:14,15).
God gee aan die nederiges die genade om hiervan bevry te word (4:6). Daarom “onderwerp julle in nederigheid voor die Here, en Hy sal julle verhoog” (4:10). So word ons wat God se doel vir ons lewe is – mense!
Here, maak ons nederig deur die krag van U Gees. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie