Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Eksodus 32:4: “Hy het. . . daarvan ’n beeld in die vorm van ’n bulkalf gemaak. Toe sê die volk: ‘Hier is jou God wat jou uit Egipte bevry het, Israel!’”
Calvyn het gesê dat ons nie God se wese kan ken nie, maar wel hoe Hy teenoor ons is. Dit word beïnvloed deur afgodery. Ander gode voel, dink of praat nie, maar God wel. Middeleeuse Joodse kommentators glo dat die mense nie van plan was om ’n kalf te aanbid nie. Hulle kon nie so dwaas wees nie. Ander glo dat die kalf God se boodskapper gesimboliseer het, wat voor hulle uitgegaan het.
Die konteks van Eksodus 32-34 dui egter daarop dat dit afgodery was. Dit het die lewende God beïnvloed. Hy is nie ’n selfgemaakte natuurgod nie, maar lewendig, sprekend en handelend. Hy het in Christus na ons toe gekom om ons te bevry van ons neiging om ander gode te skep. Daarom het Hy die reg om aanstoot te neem wanneer ons dink dat ander gode ons vryheid kan gee.
Die episode van die goue kalf is ’n duidelike waarskuwing. Sommige vergelyk dit met Genesis 3, waar alles deur sonde geruïneer is. Dit gebeur wanneer ons probeer om die toekoms te beheer en hulp van afgode soek in plaas van God.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie