Foto Facebook/Florian Schott
Foto Facebook/Florian Schott

'Baxu' kuier in die hoofstad

#NMHentertainmentBaxuScreening
Iréne-Mari van der Walt
Filmliefhebbers kan een van die wegholsuksesse van Namibiese film hierdie Donderdagaand geniet!

'n Vertoning van regisseur Florian Schott se Baxu and the Giants word van 18:00 by die Ster-Kinekor filmteater in die Maerua-inkoopsentrum gehou as deel van die Ibero-American Film Festival. Toegang is gratis.

Hierdie kortfilm was die eerste Namibiese film op Netflix en spog met nege plaaslike en internasionale toekennings - onder meer Canadian Cinematography Awards, toekennings van die Knysna filmfees en die San Francisco Independent Short Film Festival asook en drie Namibiese Teater en Film-toekennings.

Kommentaar

Republikein 2025-08-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer