Amushelelo eis vrylating uit aanhouding
#AmusheleloBailBid #PasIn #RepNamNuus
Die aktivis Michael Amushelelo het vandag in die hoërhof in Windhoek verskyn vir ’n dringende aansoek wat hy teen ’n klerk van die landdroshof en die aanklaer-generaal gebring het. In die aansoek eis hy dat hy uit aanhouding vrygelaat moet word.
Hy beweer dat die klerk van die landdroshof versuim het om sy borgtog-appèlrekord by die hoërhof af te lewer. Hy versoek die hof om haar gedrag as onwettig en ongrondwetlik te verklaar.
Amushelelo is tans in aanhouding by die Windhoek Sentrale gevangenis en sy borgtogaansoek is op 20 April van die hand gewys. Op 27 April het hy ’n kennisgewing van appèl by die hoërhof ingedien.
“Die nie-nakoming deur die klerk het die afhandeling van my appèl heeltemal gesaboteer en dit is hoekom ek hierdie hof versoek om my uit aanhouding vry te laat weens die versuim van die klerk om aan die reëls van die landdroshof en die strafproseswet te voldoen,” lui Amushelelo se verklaring.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie