Agribank soek N$20 miljoen van sy oudvoorsitter
Rita Kakelo
Die voormalige raadsvoorsitter van Agribank en sakeman van die Noorde, Michael Iyambo, veg om sy plaas te behou nadat die bank hom en sy maatskappye in 2021 hof toe gesleep en ’n terugbetaling van meer as N$20 miljoen in lenings geëis het.
Die lenings is gedeeltelik verseker deur die plaas Concordia van 3 241 hektaar in die Oshikotostreek, wat Agribank nou deur middel van regstappe in die hoërhof in Windhoek sy geld wil verhaal.
Verder versoek Agribank ’n summiere vonnis in ’n poging om die skuld vinnig te verhaal sonder ’n volledige verhoor en voer aan dat Iyambo en die ander verweerders geen geldige verweer het nie en bloot probeer om die betaling te vertraag.
Volgens die gewysigde eisbesonderhede is die skuld van N$20,188 miljoen oor vyf lenings soos volg verdeel: N$1,8 miljoen, N$1,872 miljoen, N$965 000, N$3,2 miljoen en N$10,3 miljoen.
Hofrekords toon ook dat Agribank aanvanklik in 2022 die hof genader het en N$55,8 miljoen van Iyambo en sy besighede, insluitend Oshikoto Fresh Fruits and Veggies, geëis het. Die eis het verskeie leningsbedrae gedek, soos sowat N$2,02 miljoen, N$2,27 miljoen, N$21,07 miljoen, N$12,43 miljoen en N$4,24 miljoen, tesame met bykomende eise van sowat N$11,5 miljoen en N$2,3 miljoen teen Iyambo in sy persoonlike hoedanigheid.
Destyds het Agribank versoek dat Concordia saam met roerende bates soos trekkers, besproeiingstoerusting en ’n sonkragstelsel deel van die batepoel raak en waarop beslag gelê kan word om die skuld te delg. Die eis is sedertdien hersien tot net meer as N$20 miljoen in die huidige gewysigde eisbesonderhede.
“Al die lenings dra veranderlike saamgestelde rente wat wissel van 8% tot 8,25% per jaar, plus ’n bykomende 2%-koers wat deur Agribank se direksie bepaal word.
“Terugbetalingstydperke wissel van 10 tot 15 jaar met die eerste jaar wat slegs rentebetalings vereis en kapitaalterugbetalings wat in die tweede jaar begin,” lui die dokumente.
Ten spyte van hierdie reëlings, beweer die bank dat Iyambo en die verwante maatskappye teen 25 Junie 2020 totale uitstaande skuld van N$20 miljoen bereik het, waarvan N$2,5 miljoen reeds agterstallig was.
Om die lenings gedeeltelik te verseker, is ’n algemene notariële verband na bewering op die roerende eiendom geregistreer, insluitend trekkers, besproeiingstoerusting en ’n sonkragstelsel, terwyl ’n borgakteverband op die Concordia-plaas geregistreer is vir bykomende sekuriteit.
BEDANK
In 2020 het Iyambo by Agribank bedank ná bewerings van ’n botsing van belange, aangesien hy gelyktydig lenings by die bank gehad het terwyl hy as voorsitter van die direksie gedien het.
Die voormalige minister van finansies, Iipumbu Shiimi, het aangedui sy dubbele rol het hom in ’n moeilike posisie geplaas.
Iyambo voer in sy betooghoofde aan dat hy nie die volle bedrag skuld wat deur Agribank geëis word nie. Hy sê die lening is in Desember 2024 herstruktureer, wat beteken die oorspronklike terme is aangepas – soos om die grasietydperk te verleng en die deposito te verander – wat die dispuut effektief besleg het.
Iyambo hou ook vol die bank, as ’n staatsbeheerde entiteit, is gebonde aan sy eie raadsbesluit en kan nie die eis voortsit tensy ’n hof dit tersyde stel nie.
Hy wys verder op ’n kabinetsbesluit wat ’n moratorium op die verkoop van kommersiële plase plaas, wat volgens hom verhoed dat die bank met litigasie voortgaan.
– [email protected] Rita Kakelo

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie