u2019n Voertuig betrokke by u2019n onlangse motorongeluk in Windhoek. Foto Phillipus Josef
u2019n Voertuig betrokke by u2019n onlangse motorongeluk in Windhoek. Foto Phillipus Josef

'Namibiërs bestuur roekeloos’

Meer voetgangers sterf op paaie
Die vervoerminister meen swak menslike gedrag en nie infrastruktuur nie, is die rede vir toenemende padongelukke
Nikanor Nangolo

Die minister van werke en vervoer, Veikko Nekundi, sê padongelukke op nasionale paaie het niks met slegte paaie te doen nie, maar eerder met roekeloosheid en onverdraagsame gedrag deur bestuurders.

Nekundi het gereageer op vrae wat onlangs deur die parlementslid van die National Unity Democratic Organisation (Nudo), Vetaruhe Kandorozu, gevra is oor of die minister volle verantwoordelikheid sou aanvaar vir alle ongelukke wat op die B1-pad tussen Windhoek en Otavi plaasvind, weens die versuim om ’n veilige ompad via die MR112-pad tussen Okahandja en Okondjatu te skep.

Die minister het gesê die publiek en wetgewers moet hulle daarmee besig hou om verantwoordelike bestuur te bevorder as hulle omgee vir die nasie, veral wat padveiligheid betref.

“Kom ons leer ons bestuurders om nie op blinde hoogtes verby te steek nie. Wanneer ’n bestuurder ’n voertuig verbysteek moet die ’n aankomende voertuig so vinnig as moontlik spoed verminder om die een wat verbygesteek word toe te laat en nie net die ligte flikker nie," het hy gesê.

“Moenie oor rooi verkeersligte ry nie, moenie regs afdraaI sonder om die voertuig agter jou, sowel as die aankomende in ag te neem nie."

Nekundi se streng waarskuwing is om nie lisensies koop nie wat volgens hom direk tot padongelukke lei.

“Laastens, ondersteun die inisiatiewe van die ministerie van werke en vervoer wat op padveiligheid gerig is, het hy gesê.

“Ondersteun die ministerie wanneer dit begin om bestuurslisensies op te skort of in te trek ingevolge Artikel 42(1)(b) van die wet op padverkeer- en vervoer. “Ondersteun die MWT soos dit die era van verpligte registrasie en akkreditasie van bestuurskole betree en dat alle voornemende bestuurders verpligtende opleiding by geakkrediteerde bestuurskole moet ondergaan,” het die minister bygevoeg.

Nekundi het verduidelik dat die opgradering van die MR112-pad tussen Okahandja en Okondjatu nie kon begin nie omdat fondse onvoldoende was en steeds is om al die paaie te bou wat in die land nodig is.

“Hierdie land is uitgestrek, met gemeenskappe oraloor die hele land wat paaie nodig het. Ongelukkig kan ons, en niemand, al die paaie wat ons mense nodig het, in 36 jaar bou nie. Dit is eenvoudig nie moontlik nie,” het hy benadruk.

“Die opgradering en bou van die pad tussen Okahandja en Okondjatu is ’n topprioriteit vir ons regering. Wees verseker, soos ek verlede jaar met die gemeenskap van Okondjatu gedoen het, dat die pad tot bitumen-standaard opgegradeer sal word.

"Die verkryging vir die konsultant om die gedetailleerde ingenieurstekeninge te doen het verlede jaar begin en ons verwag om met die konstruksie van die betrokke pad in die 2026-’27-boekjaar te begin,” het Nekundi gesê.


VOETGANGERS

Intussen sterf ’n ontstellende 77% van voetgangers wat deur voertuie getref word op die toneel, wat die noodlottige aard van hierdie ongelukke onderstreep, het die Motorvoertuigongelukke (MVA)-fonds bekend gemaak.

Die fonds se senior bestuurder vir ongeluk- en beseringsvoorkoming, Ruben Uupindi, het verlede jaar gesê die data beklemtoon die erns van voetgangerverwante voorvalle.

“Die erns kan weens hoë spoed of ander faktore wees. Sommige slagoffers sterf ook in ambulanse, hoewel daardie getalle nie altyd duidelik weerspieël word nie,” het hy gesê.


PADSTERFTES STYG

Teen Julie verlede jaar alleen het padsterftes van 63 na 96 gespring, ’n styging van 52%.

“As ons nie ons padgedrag verander nie, kan ons met ’n toename van 100% opeindig,” het Uupindi gewaarsku.

Beserings het met 8% toegeneem en totale voorvalle met 13%. Die aantal vroue wat in padongelukke dood is, het meer as verdubbel.

“Teen hierdie tyd verlede jaar het 11 vroue gesterf; vanjaar is dit reeds 23,” het Uupindi gesê.

Hy het bygevoeg dat sterftes van mans ook van 52 na 73 gestyg het – ’n toename van 40%.

VOETGANGERS

In 2024 het voetgangers 32% van alle padbotsings en 32% van alle sterftes uitgemaak. Die meeste voorvalle het tussen 18:00 en middernag gebeur, hoewel daar groeiende kommer is oor ongelukke vroeg soggens tussen 02:00 en 04:00.

“Ongeveer 70% van die betrokkenes gedurende daardie ure was voetgangers,” het Uupindi gesê.

Hy het gewaarsku dat 2025 vir 2024 in beide ongelukke en sterftes kan oortref as gedrag nie verander nie.

Mense tussen 25 en 29 jaar word die meeste geraak, met voetgangersterftes wat skerp in hierdie ouderdomsgroep styg.

“Dit is die produktiewe burgers – die werkende bevolking,” het Uupindi gesê.

Die Khomasstreek het die hoogste aantal voetgangerongelukke (439) aangeteken, maar in verhouding lei Kavango-Oos lei met voetgangerverwante voorvalle wat 45% van alle ongelukke in die streke uitmaak, gevolg deur Ohangwena en Zambezi.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2026-02-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer