Die diamantwenner Simeon Shaanika (agter) saam met Paulus Shitunga, die waarnemende uitvoerende hoof van die NDTC (links voor), die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, Pohamba Shifeta en Frank Steffen van NMH. Foto Tanja Bause
Die diamantwenner Simeon Shaanika (agter) saam met Paulus Shitunga, die waarnemende uitvoerende hoof van die NDTC (links voor), die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, Pohamba Shifeta en Frank Steffen van NMH. Foto Tanja Bause

Toerisme Ekspo op koers vir 2024

Tanja Bause
Frank Steffen - In die lig van Wêreldtoerismedag wat gister gevier is, het die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, Pohamba Shifeta, die 2024 Toerisme Ekspo van stapel gestuur.

Dié jaarlikse geleentheid word deur Namibia Media Holdings (NMH) gefasiliteer en sal volgende jaar van 24 tot 26 April plaasvind.

Op die pad vorentoe sal NMH fokus op die bevordering van die Kavango-Zambezi-oorgrensbewaringsgebied (Kaza TFCA) as deel van sy “Beyond Borders”-toerisme-inisiatief.

“Dit is hierdie tema wat ons daartoe gelei het om die Kaza te bevorder, aangesien dit die toonbeeld is van waarvoor Afrika-eenheid staan. Vyf Afrika-buurlande span kragte saam om die dienste wat aangebied word te maksimaliseer tot voordeel van besoekers en die mense van hierdie streek. Dit bewys hoeveel meer bereik kan word as ons ons pogings verder as net daardie een bewaringsgebied strek,” het NMH se Frank Steffen gesê.

Om die program af te skop is ’n praatjie gespeel deur dr. Nyambe Nyambe, die direkteur van die Kaza-sekretariaat, wat onlangs opgeneem is by die kwadripunt waar Botswana, Namibië, Zambië en Zimbabwe mekaar via die Zambezirivier ontmoet.

Nyambe het gewys op die belangrikheid van toerisme wat die ruggraat van die Kaza-park is, maar het klem gelê op die feit dat Kaza meer as net toerisme behels, aangesien dit uit parke en bewaringsgebiede bestaan, terwyl dit ook groeipotensiaal toon in ander bedrywe.

Shifeta het gesê die doelwitte van die Toerisme Ekspo is nie net in lyn met die streekdoelwitte van die SADC-streek nie, maar met internasionale tendense en benaderings.

“Die Verenigde Nasies se Wêreldtoerisme-organisasie (UNWTO) het beleggings geïdentifiseer as een van die sleutelprioriteite vir die herstel van die toerismesektor en toekomstige groei en -ontwikkeling. Vir Wêreldtoerismedag 2023 beklemtoon die UNWTO die behoefte aan meer en beter geteikende beleggings. Dit is nou die tyd vir nuwe en innoverende oplossings, nie net tradisionele beleggings wat ekonomiese groei en produktiwiteit bevorder en ondersteun nie, maar een wat ook fokus op welvaart vir die mense en die planeet.”

Die minister beskou die Wêreldtoerismedag as ’n “aansporing tot aksie vir die internasionale gemeenskap, regerings, multilaterale finansiële instellings, ontwikkelingsvennote en beleggers in die private sektor om te verenig rondom ’n nuwe toerismebeleggingstrategie en nuwe maniere om onvergeetlike en lewensveranderende ervarings vir reisigers na ons bestemmings te bied.”

Hy het die pogings geloof wat NMH aangewend het om Namibië oor grense te bemark – ’n beginsel wat by die UNWTO resoneer. Shifeta het gesê hy glo dat die ekspo “Namibië as ’n voorkeurbestemming oraloor die wêreld kan bemark”.

DIAMANTWENNER

Die Namibia Diamond Trading Company (NDTC) het sy steun aan die Toerisme Ekspo betoon deur ’n diamant ter waarde van N$100 000 te skenk.

Die waarnemende uitvoerende hoof van die NDTC, Paulus Shituna, het verduidelik hoe sy maatskappy waarde tot die land toevoeg – meer spesifiek tot die toerismebedryf.

“Almal wil ’n Namibiese diamant hê, aangesien ons diamante meer waardevol is.”

Altesaam 5 704 mense het aanlyn aan dié diamantkompetisie deelgeneem en Simeon Shaanika is uiteindelik gister as die wenner aangewys.

NDTC het die naaswenners genooi om ’n toer deur die aanleg te onderneem en hulle sal gratis koopbewyse ter waarde van N$1 000 van NMH ontvang wat hulle by volgende jaar se ekspo kan gebruik.

Die volledige program sal eerskomende Sondag om 11:00 op NTV (DStv kanaal 285 of GOtv kanaal 25) uitgesaai word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 13° | 31° Rundu: 13° | 30° Eenhana: 17° | 32° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 18° | 32° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 13° | 27° Omaruru: 13° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 15° | 32° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:52, High tide: 07:51, Low Tide: 02:00, High tide: 20:47 Swakopmund: 17° | 24° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:49, Low Tide: 02:00, High tide: 20:45 Walvis Bay: 20° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:48, Low Tide: 02:00, High tide: 20:44 Rehoboth: 14° | 26° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 19° | 30° Aranos: 16° | 28° Lüderitz: 18° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 29° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 12° | 24° Maseru: 9° | 24° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 16° | 20° Durban: 17° | 26° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 16° | 26° Harare: 12° | 23° Currency: GBP to NAD 23.07 | EUR to NAD 19.87 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 46.85 | USD to KES 129.73 | USD to NGN 1419.9 | USD to ZAR 18.41 | USD to ZMW 25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13541.33 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25381.25 Up +0.90% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 347.01/OZ UP +0.36% | Copper US$ 4.79/lb UP +0.94% | Zinc US$ 2 989.40/T DOWN -0.7% | Brent Crude Oil US$ 83.51/BBP DOWN -0.004 | Platinum US$ 1 008.31/OZ UP +0.69% Sport results: Premier League: Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 13° | 31° Rundu: 13° | 30° Eenhana: 17° | 32° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 18° | 32° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 13° | 27° Omaruru: 13° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 15° | 32° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:52, High tide: 07:51, Low Tide: 02:00, High tide: 20:47 Swakopmund: 17° | 24° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:49, Low Tide: 02:00, High tide: 20:45 Walvis Bay: 20° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:48, Low Tide: 02:00, High tide: 20:44 Rehoboth: 14° | 26° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 19° | 30° Aranos: 16° | 28° Lüderitz: 18° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 29° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 12° | 24° Maseru: 9° | 24° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 16° | 20° Durban: 17° | 26° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 16° | 26° Harare: 12° | 23° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.07 | EUR to NAD 19.87 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 46.85 | USD to KES 129.73 | USD to NGN 1419.9 | USD to ZAR 18.41 | USD to ZMW 25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13541.33 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25381.25 Up +0.90% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 347.01/OZ UP +0.36% | Copper US$ 4.79/lb UP +0.94% | Zinc US$ 2 989.40/T DOWN -0.7% | Brent Crude Oil US$ 83.51/BBP DOWN -0.004 | Platinum US$ 1 008.31/OZ UP +0.69%