Stad Windhoek se ligte sal nog vir die afsienbare toekoms kan brand volgens hoof uitvoerende beampte Moses Matyayi.
Foto mutuascriba.com
Stad Windhoek se ligte sal nog vir die afsienbare toekoms kan brand volgens hoof uitvoerende beampte Moses Matyayi. Foto mutuascriba.com

‘Windhoek níé platsak’

Takel tekortkominge in 2021 se ouditverslag
Die hoofstad se finansiële boekhouding is amper op datum, sê die munisipaliteit se uitvoerende hoof.
Augetto Graig
Die Windhoek-munisipaliteit se geldsake is nie so beroerd soos die kantoor van die ouditeur-generaal se verslag dit wil laat blyk nie, voer die uitvoerende hoof van die munisipaliteit, Moses Matyayi, aan.

In ’n verklaring wat Stad Windhoek (CoW) gister uitgereik het, lig Matyayi uit dat die ouditverslag wat verlede week in die parlement voorgelê is, vir die boekjaar tot 30 Junie 2021 is.

Volgens hom het die situasie sedertdien verbeter. Selfs in terme van die ouditverslag in 2021 was dit die eerste ná 12 jaar waarin die hoofstad se finansies ’n gekwalifiseerde ouditverslag ontvang het.

Voor 2021 het Windhoek se ouditverslae ’n vrywaring deur die ouditeur-generaal ingesluit.

Die ouditeur-generaal, Junias Kandjeke, het nietemin die 2021-verslag gekwalifiseer weens ’n behuisingsfonds van N$206,3 miljoen waarvoor die stadsraad nie bates kon toon nie, die gebrek aan bewyse vir publiek-private-vennootskappe (PPP) met betrekking tot eiendom, toerusting, masjinerie en lenings, en op winste vir grondtransaksies van meer as N$17 miljoen wat nie behoorlik aangeteken is nie.

Tog dring Matyayi daarop aan dat die stadsraad vorder met die toepassing van groter deursigtigheid en betroubaarheid van finansiële boekhouding.

“Ons is trots daarop dat ons finansiële staat, in ooreenstemming met artikel 87 van die Wet op Plaaslike Owerhede van 1992 (Wet 23 van 1992) soos gewysig, naby is aan totale voldoening,” sê hy.

Verder sê Matyayi dat die ouditeur-generaal se kantoor tans met 2022 se oudit besig is en dat “voorbereidings begin het om die 2023-oudit teen die einde van vanjaar af te handel,” sê hy.

Matyayi het erken dat teen 30 Junie 2021 Windhoek se laste teen meer as 50 sent vir elke N$1 van sy bates oorskry het. Hy sê egter dat die munisipaliteit aandag daaraan gee.

“Tot op hede het Stad Windhoek al ons agterstallige skuld aan die krediteure vereffen, insluitend groot verskaffers soos NamPower en NamWater, en ons is op datum met ons lopende rekeninge,” sê hy.

Die uitstaande skuld van N$700 miljoen aan die regering, vir ’n lening wat weer uitgeleen is, is die onderwerp van deurlopende onderhandelinge met die sentrale regering, sê hy.

Sonder dié skuld sou die verhouding tussen die hoofstad se laste en bates baie beter lyk, brei Matyayi uit.

“Die stad het aansienlike vordering oor die afgelope twee boekjare gemaak, wat insluit om ons uitgawes doeltreffend te beperk, met die fokus op ons dienskoste en spesifiek geen salarisverhogings is in die laaste vier jaar sedert 2020 toegestaan nie,” sê Matyayi.

“Ons gaan voort om krediteure en diensverskaffers betyds te betaal,” voeg hy by.

Wat die behuisingsfonds betref, sê Matyayi die kwessie is veroorsaak deur die feit dat Windhoek nie ’n aparte rekening daarvoor gehad het nie, en daarom is terugbetalings in die hoofstad se bedryfsrekeninge inbetaal.

“Die raad het dus besluit om raadsbehuising te herklassifiseer en die Build Together-fonds, wat sedert die 2020-’21-finansiële jaar saamgesmelt het met die opgraderingsprojek vir informele nedersettings, te behou: “’n Stap wat nou verseker dat behoorlike rekeningkundige praktyke vir die fonds gevolg word,” sê die uitvoerende hoof.

In terme van PPP-grondverkope was daar verskille oor rekeningkundige standaarde tussen die ouditeur-generaal en Windhoek se stadsraad tot 2021, maar konsensus is bereik, en aanpassings is vanaf 2022 geïmplementeer, sê Matyayi.

“Vir nou en in die afsienbare toekoms is Stad Windhoek ’n lopende bedryf. Ons is aktief besig om ’n finansiële herstelplan op te stel wat gemik is op finansiële volhoubaarheid op die lang termyn,” sê hy.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%