Taliban se politieke agenda vaag

Die Taliban was tydens hul vorige bewind in Afghanistan berug vir hul streng interpretasie van die sharia-wet en vrese bestaan dat hulle dieselfde pad dié keer sal volg.
NAMPA
Emmanuel Duparq en Marine Pennetier – ‘n Maand ná ‘n blitzkrieg die Taliban se houvas op Afghanistan opnuut verseker het, het dié ekstremistiese groep vandeesweek sy oorgangsregering aangekondig.

Die Taliban se politieke agenda bly egter verskuil.

Dié onsekerheid blaas kommer onder Afghane en die internasionale gemeenskap aan dat die onversetlike Islamitiese organisasie vroue en opponente met dieselfde wrede optrede gaan onderdruk as toe hulle van 1996 tot 2001 aan bewind was.

Die Taliban se leierskap bestaan uit slegs mans. Hul behandeling van vroue gaan deurslaggewend wees in die hervatting van die Weste se opgeskorte ekonomiese hulp waarop Afghanistan staatmaak.

Sedert hulle op 15 Augustus beheer in die land oorgeneem het, het die Taliban onderneem om vroueregte ingevolge die Islamitiese sharia-wet te respekteer, sonder om op dié vae stelling uit te brei. Tydens hul vorige bewind is vroue gedwing om vollengte burkas te dra. Net in uitsonderlike gevalle kon vroue werk of studeer.

Die meeste vroue is intussen aangeraai om van hul werk weg te bly totdat die Taliban hul “nuwe stelsels” uitgestryk het. Ander bly tuis uit vrees vir wraakaanvalle omdat hulle werkende vroue is.

Meisies mag laerskool toe gaan, maar is van hoërskool uitgesluit.

Volgens die Taliban is dié maatreëls tydelik, maar baie glo dit nie.

Afghaan-vroue wat aan private universiteite studeer, mag klasse bywoon mits dit net vroue is en streng, konserwatiewe kleredragreëls gevolg word.

MEDIAVRYHEID

Met hul magsoorname het die Taliban gesê joernaliste, insluitende vroue, mag hul werk voortsit.

“Ons sal die vryheid van die media respekteer omdat beriggewing handig in ‘n gemeenskap is en dit sal help om leiers se foute reg te stel,” het ‘n Taliban-woordvoerder aan Reporters Without Borders (RSF) gesê.

Skaars ‘n maand later het dié standpunt egter verander. Volgens RSF het die Taliban reeds elf reëls op Afgaanse joernaliste afgedwing.

Enige uitsaai van inligting wat teenstrydig met Islam is en openbare figure beledig, is byvoorbeeld verban. RSF maan dat die reëls ingespan kan word om joernaliste te vervolg en die weg vir sensuur baan.

Selfs vóór die afgekondiging van die nuwe riglyne in die middle van September het baie joernaliste uit Afghanistan gevlug. Dié wat nie die land kon verlaat nie, kruip tuis weg uit vrees vir weerwraak.

Sommige Afghaan-joernaliste is tydens die onlangse protesoptogte teen die Taliban vlugtig inhegtenis geneem of aangerand.

KUNS EN KULTUUR

Die Taliban was tydens hul vorige bewind berug vir hul streng interpretasie van die sharia-wet. Musiek, fotografie en televisie is verban. Kinders is selfs nie eers toegelaat om vlieërs te vlieg nie.

Die groep het reusestandbeelde van Boeddha by Bamiyan met dinamiet opgeblaas maande vóór hul bewind in 2001 omvergewerp is.

Die Taliban het nog nie amptelike besluite oor vermaak en kultuur tydens hul heersende bewind bekend gemaak nie.

“Musiek word deur Islam verbied,” het Taliban-woordvoerder Zabihullah Mujahid in Augustus aan die New York Times gesê.

Musiekskole het gesluit en sommige musikante het reeds hul instrumente vernietig.

Biblioteke, museums en galerye is ook toegemaak. Erfeniskenners is bekommerd oor die bewaring van antieke artefakte en toegang tot literatuur. Hierdie is van die grootste uitdagings wat die nuwe regime sal moet takel.

EKONOMIE

Afghanistan staar sedert die bewindsoorname ‘n finansiële krisis in die gesig met opgeskorte internasionale hulp wat veronderstel was om die vuisvoos ekonomie te help herstel.

Die Taliban se ekonomiese plan is baie vaag.

Volgens Mujahid gaan die land se natuurlike hulpbronne en ander bronne ingespan word om skop in die ekonomie mee te bring.

Dis egter onduidelik waar die Taliban die geld gaan kry om staatsdiensamptenare te betaal en noodsaaklike infrastruktuur in stand te hou om elektrisiteit, water en telekommunikasiedienste te voorsien.

Midde die kontantkrisis en die bevolking wat reeds sukkel om die mas op te kom, het die Taliban onderneem om korrupsie vas te vat – iets wat die vorige regering gekniehalter het.

Hoewel baie Afgane veiliger voel ná die Taliban-oorname ‘n einde aan die gewapende stryd gebring het, duur onrus in die onderdrukking van protesoptogte – hoofsaaklik onder aanvoering van vroue – voort. Eers is net skote in die lug afgevuur, maar alle betogings is sedertdien verban.

Die Taliban het gewaarsku dat enigiemand wat probeer om ‘n opstand teweeg te bring, erg vervolg sal word. Dié boodskap is veral gemik op die weerstandbeweging in Panjshir, wat vroeg in September verslaan is.

Die Taliban het ook gedreig om ‘n plaaslike tak van die jihadistiese groep, Islamitiese Staat, te vernietig. Dié groep het verantwoordelikheid aanvaar vir verskeie bomaanvalle die afgelope weke.

OPIUM, SPORT

Mujahid het belowe dat die nuwe regering Afghanistan – die wêreld se grootste produsent van opium – nie in ‘n dwelmstaat sal verander nie.

Onder die vorige Taliban-bedeling is sekere sportsoorte toegelaat, maar dit was streng beheer en net mans kon aan sport deelneem of wedstryde bywoon.

Die nuwe sporthoof van die Taliban-regering, Bashir Ahmad Rustamzai, sê sowat 400 sportsoorte wat deur die wet van Islam toegelaat word, kan steeds beoefen word, maar hy wou nie sê of vroue aan enige daarvan mag deelneem nie.

Uitlatings deur ander Taliban-lede het verwarring gesaai. Sportvroue en die land se atlete vrees die ergste en het reeds gevlug en oorsee ‘n heenkome gevind.
– Nampa/AFP

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%