Renosterstropery: Die groter prentjie

Twee kenners gesels op Woordfees
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Julian Rademeyer en John Kasaona is twee kundiges van renosters - die een op die gebied van beriggewing­ en navorsing oor georganiseerde misdaad van stropery en die ander op die gebied van gemeenskapsbewaring.
Prof. André du Pisani het verlede Woensdagaand by die Windhoek Woordfees vrae aan Rademeyer, ondersoekende joernalis en die skrywer van die boek Killing for Profit en Kasaona, bewaringspionier en direkteur van Geïntegreerde Landelike Ontwikkeling en Natuurbewaring (IRDNC), gestel.

Het Namibië die stryd teen stropers verloor?
“Ek kan net praat oor wat buite ons nasionale parke in die gemeenskappe gebeur, maar ek blameer ons dat ons ontspan het. Iets het verkeerd geloop en toe skrik ons te laat wakker,” het Kasaona gesê.
Hy sê die gemeenskappe probeer uitvind wie stroop, maar dit is moeilik met die vrye beweging en toegang vir almal.
Maar hy sê hy het nie moed verloor nie, want die meeste sake is aanhangig gemaak weens gemeenskappe wat die amptenary laat weet het.
“Gemeenskappe moet meer betrokke raak. Ons moet sekere regte gegee word om verdagtes op die toneel in hegtenis te neem. As ons ons veldwagters meer regte gee, sal dit probleme oplos.”
Kasaona sê met verwysing na die Kunene­streek: “Ons kan nie sê die situasie het genormaliseer nie, maar dinge is onder beheer. Gemeenskappe het ’n bietjie geslaap, want die dief was klaar in die kamer.” Wat Etosha betref, moet met die bure rondom die park saam­gewerk word.
Rademeyer sê die stryd is nie verloor nie en ons moenie moed verloor nie, maar dinge lyk nie goed nie. Sowat 6 000 renosters is in Afrika gestroop en syfers in Namibië en Zimbabwe het gestyg. Namibië se stropingsyfers van 2015 het van 90 tot 125 gestyg nadat nadoodse ondersoeke van die gestroopte renosters aangedui het dat 35 karkasse wat vanjaar gevind is, reeds in 2015 gestroop is.
“Dit dui op ’n slegte prentjie. Ons is in die stadium waar ons tyd min word,” sê Rademeyer.
“Korrupsie is die kern. Renosterhoring is op die swartmark meer werd as goud. Die mees gerespekteerde veldwagter in die Kruger Wildtuin is onlangs in hegtenis geneem. Polisiemanne is ook korrup, want ‘ek word nie meer bevorder nie’.”

Is die staat betrokke?
Rademeyer meen korrupsie is die kernprobleem binne die staat en die staat is deel van die groter probleem: “Die polisie- en intelligensiediens en die weermag is nie op die plek waar hulle hul werk kan doen nie. Hoe bekamp ons georganiseerde misdaad? Is daar politieke wil? Nee.”
Hy meen die fokus is op die laervlakstropers en daar word nie by die sindikate in Viëtnam en China uitgekom nie.
“Wetstoepassing stop waar grense begin. Sonder enige internasionale same­werking kan groter internasionale sindikate nie aangevat word nie,” sê Rademeyer.
Sy tweede verslag Beyond Borders: Crime, conservation and criminal networks in the illicit rhino horn trade van The Global Initiative Against Trans­national Organised Crime wat in Genève, Switserland, gebaseer is, lui internasionale grense en burokrasie is ’n seën vir oorgrens, kriminele netwerke.
“Interpol en Cites (die Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde Spesies) is net so goed soos die polisie en staatsamptenare in die lidlande waarin hulle werk. Netwerke is buigsaam en word gekortwiek deur korrupsie en ’n gebrek aan politieke wil.”
Kasaona sê renosters­ beteken baie vir die gemeenskappe, “maar ons moet die werklike waarde van ons renosters by hulle tuisbring”.
“Gemeenskappe rondom parke moet nader aan natuurbewaring gebring word. Baie hulpbronne word aan renosterbewaring bestee, maar dit is ’n gesukkel om ’n renosterwagter in die veld te hou,” vertel hy.
“Mense praat net, maar wil nie bydra nie. Ons moet meer bewusmakingswerk oor nasionale parke en dorpe doen en ons moet die gemeenskappe aan ons kant kry. As hulle uitgelaat voel, gaan hulle net staan en kyk.
“As ons genoeg hulpbronne gehad het, kon ons meer mense op die grond ontplooi het. Ons wil gesofistikeerd raak met tegnologie. Die enigste wapen is baie oë en voete op die grond,” het Kasaona sy mening uitgespreek
Hy sê dit moet nie die regering of Koos of Klaas se renosters wees nie, maar “óns renosters, dan sal ons ons renosters soos ons bokke opgepas word. Dit is die massas - die gemeenskappe - en nie die regering wat die probleem kan oplos nie. Gemeen­skappe moet direkte voordele kry.”
Rademeyer meen die rol van gemeen­skappe kan nie onderskat word nie, “maar ons kan soveel stropers doodskiet soos ons wil, dit gaan nie ophou nie”.
Hy sê in 2015 het 7 000 stropers die Kruger Wildtuin binnegekom, maar veldwagters wil nie deel wees van ’n oorlog nie, want hulle is nie soldate nie.
“Die ministeries van omgewingsake hanteer stropery, maar dit moet deur die polisie hanteer word. Die polisie moet die hoofagentskap wees. Die ministeries het nie die geld of mannekrag nie,” sê Rademeyer.

Wat van renosterboerdery?
Oor renosterboerdery sê Rademeyer­ is hy ’n groot draad­sitter, maar dit is belangrik dat die debat hieroor moet voortduur.
“As jy dit wil reguleer, moet jy instansies hê wat polisieer. Die polisie het nie die mannekrag om die huidige situasie nog minder die plaaslike handel te hanteer nie.”
Hy meen niemand weet genoeg van die markte nie en internasio­nale handel is eers van die tafel af. Swaziland wil handel in renoster­horing dryf, maar Rademeyer dink nie dié land se voorstel by Cites se konferensie gaan slaag nie.
“Die probleem is wets­toepassing om internasionale sindikate skade aan te doen. Dit bestaan nie.” Kasaona glo in die volhoubare gebruik van renosters deur middel van die wettige handel in horings of trofeejag.
“Ons word te veel voorgeskryf oor dinge waarvan ons beter weet. Hulle wil vir ons kom voorskryf hoe om saam met renosters te leef. Renosters is soos diamante. Maak die handel oop.”

Hoe hanteer ons internasionale sindikate?
Rademeyer sê een van die grootste probleme is dat Suid-Afrika en Namibië “liggies trap oor China” en hy verwys na die rol wat diplomate in die handel van renoster­horing en ivoor speel. Hy sê van die 29 voorvalle is 16 Noord-Koreane betrokke, veral in Zimbabwe en Zambië.
“China is ’n kernland en ons sien dit ook met smokkelsake in Namibië. Suid-Afrika­ het samewerkingsooreenkomste met China en Viëtnam onderteken, maar daar het niks van gekom nie,” sê Rademeyer.
“Die probleem is die wetstoepassing en samewerking met van daardie lande. Nie ’n enkele meesterbrein is in Viëtnam in hegtenis geneem nie. Dossiere is aan die Viëtnamese regering gegee, maar niks het gebeur nie.”
Kasaona meen mense het só gierig vir geld geraak, “jy sal jou eie broer doodmaak”. Tog is daar gemeenskappe soos Doro Nawas en Purros wat positief is oor renosters.
“By Purros maak die Himbas ’n lewe uit renosters, maar in ander gebiede sal mense se perspektief anders wees.”
Rademeyer meen gemeenskappe word weggehou van natuurbewaring en hulle put geen voordeel daaruit nie. “Jong Mosambiekse stropers kom in kiste terug uit die Kruger Wildtuin en word as helde begrawe.”

Watter verantwoordelikheid het ons om ’n aktiewe rol in bewaring te speel?
Kasaona sê almal moet hande vat. “Almal praat baie op die internet oor stropery. As burgers van Namibië en Afrika, is dit ons reg en plig om met enige bestuurs­inisiatief vorendag te kom. Almal in ons land moet insae hê.” Rademeyer sê dit is tragies dat renosters ons nie gaan oorleef nie. “As ons hulle nie kan red nie, wat kan ons op ons planeet red?” Hy sê daar moet na die groter prentjie gekyk word.
“Die breë internasionale gemeenskap moet ’n groter rol speel. Dit is ’n internasionale misdaadprobleem en nie iets wat een land op sy eie kan hanteer nie,” sê Rademeyer.


Noord-Koreaanse diplomaat

Op 3 Mei 2015 het die Mosambiekse polisie ’n viertrekvoertuig naby Avenida Moa Tse Tung in die hoofstad, Maputo, gestop. In die voertuig was ’n Noord-Koreaanse diplomaat, ’n taekwondo-meester, byna U$100 000 kontant en 4,5 kg renosterhoring. Die rooi D-nommerplate het aangedui dit is ’n diplomatieke voertuig.
Die diplomaat is Pak Chol-jun, die politieke raadgewer by die Noord-Koreaanse ambassade in Pretoria, Suid-Afrika, en naas die ambassadeur die tweede mees senior verteenwoordiger in Suider-Afrika. Sy passasier is Kim Jong-su, die taekwondo-meester, maar vermeende spioen wat onder die vaandel van Oosterse gevegskuns klasse aan studente in Suid-Afrika en Mosambiek gegee het.
Albei Noord-Koreane se paspoorte wys dat hulle verskeie reise na Mosambiek en Namibië onderneem het. Volgens ’n stempel in Pak se paspoort was hy twee maande voordat hy in Mosambiek in hegtenis geneem is, in Maart 2015 in Namibië.
- Bykomende Bronne: Tipping Point: Transnational organised crime and the 'war' on poaching en Beyond Borders: Crime, conservation and criminal networks in the illicit rhino horn trade deur Julian Rademeyer wat in Julie deur The Global Initiative Against Trans­national Organised Crime bekend gestel is.

Stropingsyfers

RenostersOlifante

201512549
20163731

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026