Openbare vervoertariewe styg met 15%
Openbare vervoertariewe styg met 15%

Openbare vervoertariewe styg met 15%

Volgens die Padvervoerraad is die verhoging van tariewe om dié bedryf en sy kliente te beskerm.
Augetto Graig
Augetto Graig – Die Padvervoerraad van Namibië het Maandag ‘n prysverhoging van tot 15% vir taxi’s en busse goedgekeur.

Die voorsitter van die raad, mnr. Browny Mutrifa, het gisteroggend bevestig die verhoging is reeds van krag.

Die verhoging is ’n finansiële noodmaatreël vir die bedryf, wat net geldig is tot die einde van die nasionale noodtoestand, sê hy.

Pres. Hage Geingob het op 17 Maart vanjaar in reaksie tot die uitbreking van Covid-19 ’n noodtoestand in die land afgekondig wat vir ses maande sal duur.

Volgens die ministerie van werke en vervoer moet openbare vervoerders streng gesondheidsmaatreëls binne hul voertuie toepas. Die ministerie vra lede van dié bedryf om hul ondersteuning te gee om higiëne in die algemeen te verbeter.

Die vervoerminister, mnr. John Mutorwa, het die 15% verhoging ten volle onderskryf.

“Ons het in ag geneem die meerderheid Namibiers word ook deur die inperking geraak. Die 15% verligting is min in vergelyking met die 50% vermindering in openbare vervoerders se inkomste weens ’n beperking op die aantal passasiers. Ons het ’n wen-wen situasie tussen bus- en taxi- operateurs en hul kliënte probeer vind en kon nie tot ‘n volle prysverhoging instem nie,” brei Mutrifa uit.

Aanvanklik het die Namibië Bus- en Taxivereniging (Nabta) vir ’n 10% verhoging gevra, die Namibië Openbare Passasiersvervoervereniging (NPPTA) vir 12% en private taxi-eienaars vir 33%, volgens die ministerie van werke en vervoer.

Die ministerie waarsku diegene wat pryse vra wat nie goedgekeur is nie, veral op die hoof- langafstandroetes, sal vervolg word.

Mnr. Werner Januarie, president van die Namibië Vervoer- en Taxivakbond (NTTU), sê egter die 15% verhoging is nie genoeg nie, veral vir langafstandoperateurs.

“Op langer afstande maak die 15% verhoging nie ’n verskil nie. Ons moet besigheid doen, ons is nie ’n liefdadigheidsorganisasies nie. Die situasie het ’n ernstige impak op die bedryf. Ons kan nie teen ’n verlies sake doen nie,” sê hy.

Volgens Januarie het hy al verlede week langafstand-minibuseienaars geraadpleeg, en dié week konsulteer hy met eienaars van sewesitplektaxi’s om meer vir die vervoer van bagasie te vra, en sodoende verliese op te maak.

’n Pendelaar wat daagliks tussen Windhoek en Okahandja reis sê: “Ons betaal N$1 250 per maand en as dit met 15% verhoog word, moet ons dit net aanvaar. Ek het geen probleem daarmee nie; dit is deel van die stelsel. Ons ekonomie is ontwerp om ons te vernietig. Daar is geen rede om te kla nie, ons maak die beste van die saak,” sê mnr. Lorean de Vries.

So ver dit die stedelike taxigebruiker betref, sê Januarie, moet hulle gereed wees om ten minste N$14 per rit te betaal. Alhoewel die verhoging amptelik net tot N$13,80 vanaf N$12 goedgekeur is, en dit onwettig is om meer as 15% bo die oorspronklike prys te vra, sê Januarie die praktyk is om na die naaste dollar af te rond.

“Dit is net makliker om met ’n dollar te werk, anders benodig ons almal klomp los sente,” sê hy.

’n Plaaslike taxigebruiker, mnr. Joef Naluwe, sê: “Ek dink dit is regverdig. Dit is mos net vir die Covid-19-tydperk. Die beperking op die aantal passasiers, afhangend van die kapasiteit van die betrokke voertuig, beteken klaar ’n verlaging in taxibestuurders se daaglikse inkomste. Hulle maak staat op daardie inkomste. Ek dink met die petrolprys wat verlaag het, maak dit hul situasie ’n bietjie makliker,” sê hy.

Windhoek se munisipale busgebruikers sal nog moet wag en sien hoe hierdie verwikkeling hulle gaan beïnvloed.

Die woordvoerder van die munisipaliteit, me. Lydia Amutenya, sê: “Ons het nog nie ’n besluit oor bustariewe geneem nie. As ons besluit om bustariewe te verhoog, sal die publiek dienooreenkomstig ingelig word. Vir nou bly bustariewe dieselfde.”

Die hoofstad vra tans N$7 per busrit vir passasiers met ’n buskaartjie en N$8 as kontant betaal word. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%