Maasbankerbedryf bekommerd oor kwota-skuiwergat
Maasbankerbedryf bekommerd oor kwota-skuiwergat

Maasbankerbedryf bekommerd oor kwota-skuiwergat

Hoewel die visseryeminister maasbankerverwerkers beloof het hy sal nie hulle kwota vir fabrieksbote gee nie, is daar glo ‘n beleidskuiwergat wat hulle benadeel.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die herverpakking van gevriesde maasbanker deur die eienaars van fabrieksbote kan nie verwerking beskou word nie en daardie operateurs moet nie vir aanlandige verwerkingskwota, of nat kwota, kwalifiseer nie.

Dit is niks anders nie as ’n goedkoop skuiwergat in die kwotabedeling wat kapitaalintensiewe aanlandige verwerkers benadeel nie.

Só sê die Vereniging vir Aanlandige Maasbankerverwerkers in ’n brief aan dr. Albert Kawana, minister van visserye en mariene hulpbronne.

Mnr. Jason Angala, voorsitter van dié vereniging, het die minister verlede gevra om duidelikheid hieroor te verskaf ná inligting na vore gekom het wat daarop dui ‘n vismaatskappy wat nie soos die drie aanlandige verwerkers, Gendev Fishing Group, Tunacor en Seaflower Pelagic Processing, ’n verwerkingsaanleg op Walvisbaai het nie, vermoedelik nat kwota ontvang het.

“Geskoei op die beweerde inligting versoek ons duidelikheid van die ministerie rakende die moontlike toestemming aan ’n fabrieksboot wat op see vries, om vir nat kwota te kwalifiseer omdat hulle dit op land herverpak,” skryf Angala, en voeg by dit is strydig met die beleidsonderskeid tussen gevriesde en nat kwota.

’n Brief is in Republikein se besit waaruit dit blyk die betrokke vismaatskappy bied dieselfde opsie vir ander visregtehouers aan. In die gewraakte brief bied die betrokke maatskappy gevriesde kwota en nat kwota as ’n pakket aan vir onderskeidelik N$21 miljoen en N$10,8 miljoen aan die voorgenome koper.

“As dit die geval is, teken ons sterk beswaar aan, want dit ondermyn die aanlandige maasbankerverwerkingsektor wat hoogs kapitaalintensief is en ‘n groot hoeveelheid aanlandige werksgeleenthede vir veral vroue en jongmense geskep het,” sê Angala.

Volgens hom skep elke 25 000 ton nat kwota 500 werksgeleenthede in maasbankerverwerkingsaanlegte.

Angala het Kawana in dieselfde brief egter bedank vir sy belofte om nie nat kwota na gevriesde kwota om te skakel nie.

Kawana het verlede week gesê het hy sal nie kwota vir aanlandige verwerking omskakel na gevriesde kwota vir fabrieksbote nie.

Hy het Woensdag in ’n brief aan die Konfederasie van Namibiese Visverenigings (CNFA) gesê nat kwota word toegeken vir die aanlandige verwerking van maasbanker ten einde waarde toe te voeg en werksgeleenthede te skep, soos dit in die NDP 5 uitgestippel word.

Kawana sê al wanneer hy so ’n omskakeling sal doen, is as die aansoeker meer werksgeleenthede gaan skep en ’n aanlandige verwerkingsaanleg oprig met die doel om ander visspesies as maasbanker te verwerk.

Volgens hom het hy reeds versoeke vir omskakeling afgekeur, maar voeg by hy sal wel aansoeke toestaan om gevriesde kwota om te skakel na nat kwota.

“My inligting is dat maasbanker, anders as stokvis en ander spesies, hoofsaaklik na lande in Afrika uitgevoer word wat nie oor hul eie kuslyne beskik nie. Werkskepping kring dus ook na die vervoerbedryf uit,” sê Kawana.

Wat die vermeende skuiwergat in die uitreiking van kwotas betref, het Kawana in antwoord op ‘n navraag deur Republikein gesê: “Ek is nie daarvan bewus nie en diegene wat die bewering maak, word vriendelik versoek om die ministerie met besonderhede te nader en dan sal ons dit ondersoek”. [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 11° | 30° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 11° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 26° Henties Bay: 20° | 35° Wind speed: 46km/h, Wind direction: NE, Low tide: 07:38, High tide: 14:01, Low Tide: 19:40, High tide: 02:00 Swakopmund: 19° | 27° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:36, High tide: 13:59, Low Tide: 19:38, High tide: 02:00 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:36, High tide: 13:58, Low Tide: 19:38, High tide: 02:00 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 32° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 25° Antananarivo: 10° | 19° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 14° | 19° Durban: 17° | 27° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 14° | 25° Harare: 11° | 25° Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.27 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.94 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.47 | USD to EGP 46.59 | USD to KES 130.73 | USD to NGN 1529.85 | USD to ZAR 18.27 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 417.04/OZ DOWN -0.0014 | Copper US$ 5.01/lb DOWN -0.0091 | Zinc US$ 3 134.50/T UP 2.79% | Brent Crude Oil US$ 84.52/BBP UP +0.55% | Platinum US$ 1 052.25/OZ DOWN -0.0305 Sport results: Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion Weather: Katima Mulilo: 11° | 30° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 11° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 26° Henties Bay: 20° | 35° Wind speed: 46km/h, Wind direction: NE, Low tide: 07:38, High tide: 14:01, Low Tide: 19:40, High tide: 02:00 Swakopmund: 19° | 27° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:36, High tide: 13:59, Low Tide: 19:38, High tide: 02:00 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:36, High tide: 13:58, Low Tide: 19:38, High tide: 02:00 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 32° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 25° Antananarivo: 10° | 19° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 14° | 19° Durban: 17° | 27° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 14° | 25° Harare: 11° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.27 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.94 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.47 | USD to EGP 46.59 | USD to KES 130.73 | USD to NGN 1529.85 | USD to ZAR 18.27 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 417.04/OZ DOWN -0.0014 | Copper US$ 5.01/lb DOWN -0.0091 | Zinc US$ 3 134.50/T UP 2.79% | Brent Crude Oil US$ 84.52/BBP UP +0.55% | Platinum US$ 1 052.25/OZ DOWN -0.0305