Lughaweprojek: Minister tree buite die wet op
Lughaweprojek: Minister tree buite die wet op

Lughaweprojek: Minister tree buite die wet op

Kontrak glo nie deur prokureur-generaal goedgekeur
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw – Regter Shafimane Ueitele het in sy volledige uitspraak wat op 9 September beskikbaar geword het, die minister se opdrag om alle konstruksie- en opgraderingsaktiwiteite by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako te staak, nietig verklaar en tersyde gestel.
Die minister se opdrag is suksesvol in die hoërhof deur die Chinese maatskappy Anhui Foreign Economic Construction (AFEC) teëgestaan. Die tender vir die lughawe se opgradering ter waarde van sowat N$8 miljard volgens die huidige wisselkoers, is op 3 Desember verlede jaar aan dié maatskappy toegeken.
Die vyf respondente in die aansoek, te wete die minister van werke en vervoer; die Namibiese president; Namibia Airports Company (NAC); die minister van finansies; en die permanente sekretaris van werke en vervoer, het in ’n teenaansoek die hof versoek om die tender vir die opgradering en uitbreiding van die lughawe aan AFEC nietig te verklaar. Die regter het egter hierdie teenaansoek verwerp.
Op 22 Desember 2015 het die kantoor van die president ’n mediaverklaring uitgereik waarin aangekondig is dat die president besluit het om die minister van werke en vervoer opdrag te gee om die NAC te gelas om alle aktiwiteite in verband met die projek te staak. Die tenderproses moes opnuut onder die beskerming van die ministerie van werke en vervoer in ooreenstemming met die staat se finansieringswet en die instruksies van die tesourie ’n aanvang neem.
Volgens Ueitele se uitspraak is dié aankondiging gemaak nadat mediaverslae beweer het dat die NAC nie aan sekere statutêre voorskrifte in verband met die projek voldoen het nie, die kontrak nie deur die prokureur-generaal goedgekeur is nie, dat AFEC betrokke was by omkopery en korrupsie in die proses van die evaluering van uitdrukkings van belangstellings in die projek en dat sommige van die mees kostedoeltreffende bieërs uitgeskuif en geïgnoreer is.
Ueitele het verder uitgewys dat Namibië ’n grondwetlike staat is en in sodanige staat is die begrip van geregtigheid die hoogste gesag wat beteken dat alle staatsinstanses en staatsamptenare slegs volgens die magte wat deur die wet aan hulle verleen is, mag optree.
Ueitele het in sy uitspraak gesê die minister het versuim het om sy eie diskresie uit te oefen en is deur die siening van die president gelei.
Die regter het ten slotte gesê die instruksies deur die minister aan die NAC om alle aktiwiteite met betrekking tot die opgradering en uitbreiding van die lughawe te staak, onregmatig en dus ongeldig was.

Kommentaar

Republikein 2024-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce #N/A Currency: GBP to NAD 23.22 | EUR to NAD 20.03 | CNY to NAD 2.58 | USD to NAD 18.67 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.5 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1382.9 | USD to ZAR 18.67 | USD to ZMW 27.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76929.5 Up +0.20% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1715.92 Up +1.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13375.47 Up +0.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26429.69 Up +1.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 314.67/OZ DOWN -0.0003 | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.011 | Zinc US$ 2 892.00/T DOWN -2.1% | Brent Crude Oil US$ 83.08/BBP DOWN -0.0057 | Platinum US$ 964.40/OZ DOWN -0.0145 #N/A