Interdik beu00efnvloed grondhervorming
Interdik beu00efnvloed grondhervorming

Interdik beïnvloed grondhervorming

Grondhervorming word glo op die spel geplaas deur ‘n hoërhofuitspraak van verlede week wat boere toelaat om nie grondbelasting te betaal nie.
Denver Kisting
font face="Verdana" >

font face="Verdana" >





Denver Kisting – ‘n Hofuitspraak wat die betaling van grondbelasting ten bedrae van N$80 miljoen uitstel, plaas grondhervorming op die spel.

Só het die Namibiese regering gister by monde van die adjunkwaardeerdergeneraal, mnr. Protasius Thomas, gereageer op ‘n hoërhofuitspraak van verlede week.

In die eerste plek, het Thomas gisteroggend tydens ‘n ontbytprogram op nasionale televisie uitgevaar, behoort adjunkregterpresident Hosea Angula nie op die bank te gewees het nie.

Thomas beweer die regter was nie onpartydig nie en moes homself verskoon het.

Daarnaas bring die uitspraak in die hoërhof in Windhoek van verlede Woensdag ‘n aantal regsprosesse in die gedrang, sê hy.

Sonder ‘n belastingklaringsertifikaat kan die regering geen plaas vir hervestiging koop nie. Boonop kan ‘n boedel, wat kommersiële landbougrond insluit, nie afgehandel word nie, maan Thomas. Daar kan selfs nie om befondsing van grond aansoek gedoen word sonder sodanige dokument nie, het hy gesê.

“As daar nie spoedig opgetree word nie, sal daar geen mark vir grond wees nie. Die mark is verwring.”

Hy voer voorts aan dat die drakapasiteit van grond wat volgens boere deurslaggewend is in die bepaling van die grond se waarde, nie ‘n belangrike oorweging is nie.

“Mens kan dit nie kwantifiseer nie,” het hy gesê.

Angula het verlede week gelas grondbelasting mag nie gehef word nie weens die vermeende onregmatighede van en ongerymdhede in die berekening van grondwaardes, en die redelike veronderstelling dat boere daardeur skade sal ly.

Hy het ‘n interdik uitgereik teen enige aanslag van grondbelasting op kommersiële landbougrond wat ingevolge die omstrede voorlopige hoofwaardasierol van 1 April 2012 betaalbaar is. Dit is hangende hersieningsprosedures oor besware wat verlede jaar in die waardasiehof aangeteken is.

Die hofbevel volg op ‘n dringende aansoek deur Traupe Farming en Mapan Boerdery namens 1 106 kommersiële boere teen die oplegging van grondwaardasies wat die waardasiehof in 2012 goedgekeur het.

Daar was ongeveer 2 500 besware teen die voorlopinge waardasierol in 2012 en gedurende 23 September en 14 November 2016 het die waardasiehof verskeie uitsprake en bevele teen dié besware gelewer.

Grondeienaars was ontevrede met hierdie uitsprake en het in Desember 2016 en Maart 2017 onderskeidelik appèl en hersieningsprosedures by die hoërhof ingedien.

Die applikante het in hul dringende aansoek gesê onderhandelinge tussen die grondeienaars en die ministerie van grondhervorming het ‘n dooie punt bereik toe hul teenvoorstelle as onaanvaarbaar afgemaak is.

Besware teen 2012-waardasierol

Die beswaarmakers het aangevoer die 2012-waardasierol is vrot van die teenstrydighede. Grondbelasting is byvoorbeeld vanaf 2007 in die droë Aroab-streek met 987% verhoog teenoor die 147%-verhoging op landbouground in die vrugbare Otavi-vallei.

Die aansoekers is van mening sulke waardasies is valse en misleidende waardes van die landbougrond.

Hulle voer ook aan die waardasiehof is nie behoorlik saamgestel nie en die voorlopige waardasierol kan nie vir waardasiedoeleindes gebruik word nie.

Thomas het gisteroggend opnuut gesê die regering is oortuig boere wil eenvoudig nie grondbelasting betaal nie omdat hulle nie ten gunste van grondhervorming is nie.

Die president van die Namibië Landbou-unie (NLU), mnr. Ryno van der Merwe, het gister by navraag gesê: “Dis totaal onwaar (dat boere nie grondbelasting wil betaal nie). Ons sê ons is bereid om grondbelasting te betaal solank dit billik en regverdig is. Dit is ook ’n bydrae van voorheen bevoordeelde grondeienaars tot die grondhervormingsproses.”

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%