Eienaar vertel van bloedbad in die bos
Beesdiewe in gruwel van die velde
Des Erasmus - Agt en dertig beeste was op die plaas Otuwapa in die gebied tussen Kalkfeld en Omaruru betrokke by ’n gruwel van die velde.
Vier en dertig was reeds dood, twee was so vermink dat genadeskote gevuur moes word en nog twee is uit strikke gehaal op ’n plek waar biltong en vleis reeds aan die boomtakke gehang het.
Die beeste het aan mnr. Kurt Jakob van die plaas Otjiriwaniga behoort en die stropers het van sy grond oor ’n eerste hervestigingsplaas na ’n tweede beweeg voordat die slagting in taamlike ruie boswêreld uitgevoer is. Saam met vorige skade as gevolg van veediefstal beloop die waarde van die buit sowat N$271 000. Jakob het gister aanRepublikein gesê ondanks die droogte was die beeste se kondisie taamlik goed.
Sy skade is veel groter, sou Jakob die duisende dollars saam verreken wat hy aan voer bestee het om sy beeste deur die droogte te haal.
Die omvang van die gruwel van Dinsdag het gister verder uitgekring toe die betrokke gebied uit ’n helikopter verken is en op nog sewe slagplekke in die veld afgekom is. Eerste aanduidinge was dat nog 16 beeste daar geslag was, maar in die stadium is die eienaarskap nog nie bevestig nie. Opvolgwerk deur veldwagters en wetstoepassers het gister oor ’n wye gebied voortgeduur.
Op die toneel waarop Dinsdagmiddag afgekom is, was daar aanduidinge dat minstens drie mense betrokke was. Sestien beeste was reeds geslag en die res moes nog geslag word. Ervare spoorsnyers het beweer dat dit uiters moeilik is om die spore te volg met aanduidinge dat die skuldiges hul skoene met goed soos sakke oorgetrek het. Wat op die toneel vasgestel is, is dat die beeste blykbaar eers in taamlike digte bos vasgekeer word waar strikke gestel is. Beland ’n bees eers in ’n strik, word die hakskeensenings afgekap sodat die diere nie kan wegkom nie. In die slagproses word die oorplaatjies verwyder en uitgebrand om dit moeilik te maak om die oorsprong van die diere te bepaal.
Die metodes van die diewe stem ooreen met die eerste slagtings
van Jakob se grootvee vanjaar in Mei en Julie.
’n Afleiding was Dinsdagmiddag dat die agtervolgers een keer so naby as ’n halfuur van die booswigte weg was. In daardie stadium was 12 van die beeste reeds geslag met die vleis wat aan die bome uitgehang was. Die vleis van twee van die 38 beeste kon nog gebruik word en nog twee is van die strikke bevry en kan moontlik deurgehaal word.
’n Buurman van Jakob het Dinsdag geskakel en ’n vermoede van ’n beesstelery aan hom oorgedra. Spore is gevolg en ’n plek is gekry waar die beeste in ’n bondel gejaag is tot waar ’n grensdraad van Otjiriwaniga gebreek was. Daarvandaan het die spore van die eerste hervestigingsplaas na ’n tweede gelei waar op die bosgeweld afgekom is. Die plaasheinings was nooit geknip nie.
Onder die slagbeeste was drie dragtige koeie. In ’n soortgelyke voorval in Julie was daar vyf dragtige koeie. Ná Dinsdag se voorval vermis Jakop nog nege beeste, maar geen leidrade bestaan nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie