Bouplan vir Namibiese huis

'n Boek met navorsing oor hoe om 'n ware, inklusiewe Namibiese huis te bou, is onlangs bekend gestel.
Augetto Graig
Augetto Graig - Ná landwye navorsing oor die bou van ’n "inklusiewe Namibiese huis", is ‘n boek hieroor verlede week in Windhoek bekend gestel.

Die boek, getiteld Towards our all-inclusive Namibian house, is deur die Konrad Adenauer-stigting en die Forum For the Future saamgestel en is deur John Meinert Printing gedruk.

Die boek bevat praktiese oplossings om pres. Hage Geingob se ideaal dat geen Namibiër in die land se ontwikkeling uitgesluit moet word nie, ’n realiteit te maak.

Mnr. Thomas Keller, die Konrad Adenauer-stigting in Namibië se nuwe direkteur, het by die bekendstelling gesê: “As die president as die argitek van die Namibiese huis beskou word, is dié boek die bouplan.”

Die skrywer en redakteur van die boek, Erika von Wietersheim, het gesê die boek is saamgestel ná onderhoude met byna 'n duisend gewone Namibiërs van elke landstreek. “Ons het geluister, bespreek en ontleed,” het sy gesê.

Geingob se verskeie toesprake oor ’n "Namibiese huis", sy intreetoespraak van Maart 2015 én sy eerste staatstrede in April 2015 het aanleiding gegee tot die navorsing.

Die boek identifiseer verskeie pilare waarop ’n inklusiewe Namibiese huis gebou kan word. Dit bespreek die belangrikheid van praktiese versoening, veral tussen wit en swart Namibiërs; swart gemeenskappe wat verdeel word deur stamgebondenheid en tradisionele owerhede; vegters in die land se vryheidstryd en politieke opposisie.

Dit bepleit inklusiewe nasionale dae en die ontwikkeling van sterk algemene etiese waardes. Aandag moet veral aan sekere aspekte van die Namibiese samelewing gegee word soos vroue, die jeug, mense op die platteland en gemarginaliseerde gemeenskappe soos mense wat met MIV/vigs lewe, gays en lesbiërs, opposisielede en kritiese denkers.

Elemente wat die Namibiese huis staande kan hou in moeilike tye is geïdentifiseer. Dit sluit toegang tot inligting, opvoeding, inklusiewe dienslewering, onafhanklike verkiesingsprosesse en desentralisasie in.

Algemene reëls van toepassing in die Namibiese huis moet volgens die boek beleefde kommunikasie, respek vir openbare eiendom, Namibiese bestuur van hulpbronne, algemene bydrae tot die nasionale begroting, aanstellings gebaseer op meriete, respek vir werksetiek en beroepe, vriendelike buurverhoudings en voorbeeldige leierskap insluit.

Prof. Joseph Diescho het by die bekendstelling gesê Geingob se metafoor van die Namibiese huis het al baie Namibiërs geïnspireer om groot te droom.

“Nou gee ons die huis mure, deure, vensters, ‘n plafon, kleur en selfs inwoners,” het hy gesê.

Volgens Diescho is die nasie dankbaar teenoor Geingob vir dié konsep wat nou deel is van die nasie se woordeskat.

“Geen huis is sonder uitdagings nie. ’n Goeie huis het gedurig opknapping nodig.”

Volgens Diescho is die huis waarna Geingob verwys nog nie klaar gebou nie. Hy het veral die Namibiese jeug aangemoedig om die voortou te neem in die bou daarvan.

Volgens mnr. Samson Ndeikwila van Forum For the Future, is Staatshuis al oor die boek genader, maar geen terugvoer is ontvang nie.

“Ons hoop dat hulle na ons sal terugkom,” sê hy oor die moontlikheid om die boek persoonlik aan die staatspresident te oorhandig.

Kommentaar

Republikein 2024-05-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Sevilla 1 vs 2 Barcelona | Celta Vigo 2 vs 2 Valencia | Las Palmas 1 vs 1 Deportivo Alaves | Getafe 1 vs 2 Mallorca | Real Madrid 0 vs 0 Real Betis | Almería 6 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 0 vs 1 Athletic Club | Real Sociedad 0 vs 2 Atletico Madrid | Osasuna 1 vs 1 Villarreal | Girona 7 vs 0 Granada SerieA: SS Lazio 1 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 2 vs 2 Inter Milan | Empoli 2 vs 1 AS Roma | Frosinone 0 vs 1 Udinese | Atalanta 3 vs 0 Torino | Napoli 0 vs 0 Lecce | AC Milan 3 vs 3 Salernitana | Juventus 2 vs 0 Monza | Genoa 2 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Leeds United 0 vs 1 Southampton FA Cup: Manchester City 1 vs 2 Manchester United English Championship: Leeds United 0 vs 1 Southampton Katima Mulilo: 11° | 30° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 13° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 15° | 31° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 11° | 24° Gobabis: 12° | 25° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 47km/h, Wind direction: NE, Low tide: 11:38, High tide: 05:37, Low Tide: 00:10, High tide: 18:15 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: NE, Low tide: 11:36, High tide: 05:35, Low Tide: 00:08, High tide: 18:13 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 34km/h, Wind direction: NE, Low tide: 11:36, High tide: 05:34, Low Tide: 00:08, High tide: 18:12 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 14° | 28° Keetmanshoop: 15° | 28° Aranos: 14° | 28° Lüderitz: 17° | 33° Ariamsvlei: 15° | 29° Oranjemund: 19° | 31° Luanda: 23° | 27° Gaborone: 11° | 24° Lubumbashi: 10° | 26° Mbabane: 10° | 23° Maseru: 6° | 21° Antananarivo: 9° | 21° Lilongwe: 11° | 26° Maputo: 17° | 27° Windhoek: 11° | 24° Cape Town: 14° | 24° Durban: 14° | 23° Johannesburg: 13° | 20° Dar es Salaam: 22° | 29° Lusaka: 14° | 24° Harare: 10° | 24° Currency: GBP to NAD 23.42 | EUR to NAD 19.96 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.3 | USD to AOA 848.36 | USD to BWP 13.58 | USD to EGP 47.16 | USD to KES 131.98 | USD to NGN 1474 | USD to ZAR 18.41 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79150.84 Up +0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1748.47 Down -0.71% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13370.7 Down -0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27205.14 Down -0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9141.35 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 348.49/OZ UP +0.48% | Copper US$ 4.77/lb UP +0.72% | Zinc US$ 3 077.30/T UP 0.19% | Brent Crude Oil US$ 82.82/BBP UP +0.59% | Platinum US$ 1 055.25/OZ UP +2.43% Sport results: LaLiga: Sevilla 1 vs 2 Barcelona | Celta Vigo 2 vs 2 Valencia | Las Palmas 1 vs 1 Deportivo Alaves | Getafe 1 vs 2 Mallorca | Real Madrid 0 vs 0 Real Betis | Almería 6 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 0 vs 1 Athletic Club | Real Sociedad 0 vs 2 Atletico Madrid | Osasuna 1 vs 1 Villarreal | Girona 7 vs 0 Granada SerieA: SS Lazio 1 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 2 vs 2 Inter Milan | Empoli 2 vs 1 AS Roma | Frosinone 0 vs 1 Udinese | Atalanta 3 vs 0 Torino | Napoli 0 vs 0 Lecce | AC Milan 3 vs 3 Salernitana | Juventus 2 vs 0 Monza | Genoa 2 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Leeds United 0 vs 1 Southampton FA Cup: Manchester City 1 vs 2 Manchester United English Championship: Leeds United 0 vs 1 Southampton Weather: Katima Mulilo: 11° | 30° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 13° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 15° | 31° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 11° | 24° Gobabis: 12° | 25° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 47km/h, Wind direction: NE, Low tide: 11:38, High tide: 05:37, Low Tide: 00:10, High tide: 18:15 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: NE, Low tide: 11:36, High tide: 05:35, Low Tide: 00:08, High tide: 18:13 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 34km/h, Wind direction: NE, Low tide: 11:36, High tide: 05:34, Low Tide: 00:08, High tide: 18:12 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 14° | 28° Keetmanshoop: 15° | 28° Aranos: 14° | 28° Lüderitz: 17° | 33° Ariamsvlei: 15° | 29° Oranjemund: 19° | 31° Luanda: 23° | 27° Gaborone: 11° | 24° Lubumbashi: 10° | 26° Mbabane: 10° | 23° Maseru: 6° | 21° Antananarivo: 9° | 21° Lilongwe: 11° | 26° Maputo: 17° | 27° Windhoek: 11° | 24° Cape Town: 14° | 24° Durban: 14° | 23° Johannesburg: 13° | 20° Dar es Salaam: 22° | 29° Lusaka: 14° | 24° Harare: 10° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.42 | EUR to NAD 19.96 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.3 | USD to AOA 848.36 | USD to BWP 13.58 | USD to EGP 47.16 | USD to KES 131.98 | USD to NGN 1474 | USD to ZAR 18.41 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79150.84 Up +0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1748.47 Down -0.71% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13370.7 Down -0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27205.14 Down -0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9141.35 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 348.49/OZ UP +0.48% | Copper US$ 4.77/lb UP +0.72% | Zinc US$ 3 077.30/T UP 0.19% | Brent Crude Oil US$ 82.82/BBP UP +0.59% | Platinum US$ 1 055.25/OZ UP +2.43%