Boorgate by Linyanti red wild

Diere kan volgepompte poele weer benut
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Drie boorgate is verlede week by die Linyanti-rivierkanaal in die Bamunu kommunale bewaringsgebied in die Zambezistreek gesink om seekoeie van die uitmergelende droogte te red.
Mnr. Frank Bockmuhl van Booysen Drilling het teenoor Republikein bevestig dat drie boorgate wat gesink is, goeie water lewer.
“Ons het die eerste boorgat op Saterdag 13 Augustus gesink en die laaste een ’n week daarna. Dit het baie goed verloop,” het hy gesê.
Volgens hom het verteenwoordigers van die ministerie asook van die betrokke tradisionele owerhede die boorbedrywighede besoek.
“Die eerste twee boorgate is by die poele waarin sowat 50 seekoeie en drie krokodille voorkom. Die laaste boorgat is naby die kanaal waar sowat 1 000 sebras, 700 buffels en olifante by die kleiner poele water drink.”
Bockmuhl sê by die laaste boorgat gaan nog pompe geïnstalleer word om die water na die poele te pomp.
“Daar is baie wild wat in die gebied rondloop. Dit is egter ’n ­korttermynoplossing en ons hoop dit gaan reën, want dit is nie ’n oplossing vir ­volgende jaar nie,” het ­Bockmuhl gesê.
Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, en ’n span van die direktoraat van wildlewe en nasionale parke, het vroeg vandeesmaand die gebied besoek om hulle van die situasie van die seekoeie en krokodille in die poele te vergewis. Toe was daar 100 seekoeie en drie krokodille in twee poele van die kanaal wat steeds water gehad en nog diep genoeg vir dié diere was. Die minister het gesê vyf seekoeie het toe reeds gevrek weens bakleiery onder die bulle wat baie gebiedsgebonde is. Volgens hom was die seekoeie nie in onmiddellike lewensgevaar nie, maar moes spoedig opgetree word.
Die watervlakke in die poele is laag omdat geen gebruiklike vloedwater van die Liambezimeer na die Linyantirivier gevloei het nie en die Kwandorivier het ook nie soos gewoonlik in die Linyanti-vloedvlakte gevloei nie. Die ministerie het toe besluit dat boorgate gesink moet word om water in die poele en rivierkanaal te pomp, drie tot vyf bulle van kant gemaak moet word om bakleiery tussen hulle te verminder en die seekoeie deurentyd gemonitor sal word.
Die ministerie se nuwe H125-helikopter is tydens die besoek ingespan. “Ons het sowat 200 olifante, 300 buffels en 500 sebras in die gebied gesien. Die gebied is ryk aan wildlewe en is ’n belangrike deel van die Namibiese komponent van die Kavango-Zambezi-oorgrensbewaringsgebied (Kaza),” het Shifeta gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.21 | EUR to NAD 19.89 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.55 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.43 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1349.9 | USD to ZAR 18.55 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.97/OZ UP +0.46% | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.0096 | Zinc US$ 2 923.50/T UP 0.18% | Brent Crude Oil US$ 84.35/BBP DOWN -0.0269 | Platinum US$ 951.10/OZ UP +1.75% Sport results: LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.21 | EUR to NAD 19.89 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.55 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.43 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1349.9 | USD to ZAR 18.55 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.97/OZ UP +0.46% | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.0096 | Zinc US$ 2 923.50/T UP 0.18% | Brent Crude Oil US$ 84.35/BBP DOWN -0.0269 | Platinum US$ 951.10/OZ UP +1.75%