Beweerde gekonkel met nuwe kantore vir eerste minister

Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Die president van die DTA en leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, het ’n brief aan pres. Hage Geingob geskryf waarin oënskynlike onreëlmatighede met ’n tenderproses onder sy aandag gebring word.
In sy brief aan die president skryf Venaani: “Dit het as ’n verrassing vir my gekom toe ek kennis geneem het van onreëlmatighede in die ­toekenning van die tender vir die bou van die nuwe kantore van die eerste minister.
“Ek het in my besit amptelike dokumente wat aandui dat die ministe­riële tenderkomitee goedkeuring verleen en ’n aanbeveling gemaak het dat ’n tender aan ’n spesifieke maatskappy toegeken word wat nie net aan die kriteria voldoen het nie, maar ook die laagste getender het en dus die mees kostedoeltreffende en waarde vir geld verteenwoordig het.
“Desondanks het die permanente sekretaris van werke en vervoer, mnr. Willem Goeieman, aan die sekretaris van die tenderraad geskryf en versoek dat die toekenning van die tender ­teruggetrek word en aan ’n ander maatskappy, wat vir ’n hoër prys getender het, toegeken word,” lui Venaani se brief.
Geingob het deurlopend sedert hy aan bewind gekom het, die belangrikheid van deursigtigheid en aanspreeklikheid beklemtoon.
Meer onlangs met die opening van die Walvisbaai lughawe-eindpuntgebou het Geingob die belangrikheid van waarde vir geld vir die regering, kostedoeltreffendheid en regverdigheid in die openbare aanskaffingsproses benadruk.
Venaani sê Geingob het in die verlede daarop gewys dat die publiek vertroue in die openbare aanskaffingsprosesse verloor het en aangedui dat die regering die vertroue moet herstel.
“Wanneer ’n enkele individu eensydig die besluit van ’n ministeriële tenderkomitee van die tafel vee, ondermyn dit nie slegs die doel en funksie van daardie komitee nie, maar word die openbare vertroue in die tenderproses verder geskend,” sê Venaani.
Hy vind dit ook vreemd dat Goeieman die brief om die tender te keer op 15 Mei, ’n Sondag, geskryf het.
In Venaani se brief aan die president spreek hy ook sy kommer uit oor die wyse waarop die tenderproses deur onreëlmatighede ondergrawe word, wat strydig is met wat Geingob en ander lede van die Kabinet in die openbaar sê.
Venaani het op ’n mediakonferensie gister gesê die aanvanklike tender wat deur die ministeriële komitee toegeken is, was vir die bedrag van N$968 miljoen. Die ander tenderaar, wat volgens die dokumente in Venaani se besit, nie eens deur die tenderkomitee oorweeg is nie, was vir ’n miljard Namibiese dollar. Ná Goeieman se ingryping het die tweede tenderaar dadelik sy prys na N$850 miljoen verminder.
Hy is ook van mening dat aangesien die tenderproses ondermyn is, die tender opnuut uitgereik moes word en die tenderproses van vooraf moes begin om alle voornemende tenderaars ’n gelyke kans te bied.
Hy het die versekering gegee dat nóg hy nóg sy familie enige belang by die tender het, maar dat as leier van die amptelike opposisie dit sy plig is om hierdie voorvalle onder die staatshoof en die publiek se aandag te bring.
“Ons wil antwoorde van die president hê. Meestal as die opposisie met aantygings oor wanbestuur en ongerymdhede vorendag kom, vra die regering ‘waar is die bewyse.’ Ons het die dokumente om dit dié keer te bewys. Hoe kan die PS eensydig ’n besluit van die tenderkomitee omkeer?” wou Venaani weet.
Sy brief aan die president sal die stawende dokumentasie as aanhangsels bevat.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 20.15 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.86 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 347.61/OZ UP +0.72% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.63% | Zinc US$ 2 870.40/T UP 0.56% | Brent Crude Oil US$ 89.31/BBP UP +0.47% | Platinum US$ 913.63/OZ DOWN -0.0025 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 20.15 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.86 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 347.61/OZ UP +0.72% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.63% | Zinc US$ 2 870.40/T UP 0.56% | Brent Crude Oil US$ 89.31/BBP UP +0.47% | Platinum US$ 913.63/OZ DOWN -0.0025