Victim toddlers
Victim toddlers

Tweejariges ‘van hul kinderjare beroof’

Verskyn weer in hof op 2 Mei
Die beskuldigde, 'n Angolese burger wat skaars 'n maand as 'n bokwagter in diens was, het Vrydag in die Okongo-landdroshof verskyn.
Yandi Du Plessis
Tuyeimo Haidula en Enzo Amuele – Haar dogter en dié se niggie, albei twee jaar oud, is na bewering binne minder as 30 minute deur ’n 18-jarige man op die dorp Omupini in die Ohangwenastreek verkrag.

Op 14 Februarie het Johanna* se lewe uitmekaar geval.

Drie dae later verwerk sy steeds die gebeure van daardie dag.

“Hulle is van hul kinderjare beroof. Ek probeer dit nou nog in my kop uitwerk,” sê een van die slagoffers se ma.

Die adjunkkommissaris vir misdaadondersoeke in die Ohangwenastreek, insp. Zacharias Amakali, het gesê Simon Nande (18) het die tweejarige meisies in sy werkgewer se huis gevind, hulle na ’n slaapkamer geneem en hulle verkrag.

“Dit is ontdek toe een van die slagoffers hard begin huil het en nie kon loop nie.”

Nande, ’n Angolese burger wat skaars ’n maand as ’n bokwagter in diens was, het Vrydag in die Okongo-landdroshof voor landdros Helvi Shilemba verskyn. Sy saak is tot 2 Mei uitgestel vir verdere polisieondersoeke. Staatsaanklaer Pallhus Shuudeni het borgtog sterk teengestaan weens die “skokkende en ontstellende” aard van die voorval.

‘IETS MOES GEBEUR HET’

Johanna het met ons susterkoerant Namibian Sun gesels by die woning waar die voorval plaasgevind het.

Vier kinders speel onder ’n maroelaboom. Een is twee, terwyl die ander oor ’n maand drie word.

Johanna het gesê sy het die twee by die huis gelos om te speel toe sy haar selfoon na ’n cuca-winkel – sowat 700 meter van die huis af – geneem het sodat hulle dit daar kan laai.

Sy voeg vinnig by dat sy nie drink nie.

“As die wêreld moet dink ek het alkohol gaan drink... Glad nie. Ek moes eenvoudig my foon laat laai.”

Johanna het gesê sy het saam met ’n vriendin terug huis toe gehaas. Op hul pad kon sy haar dogter hoor huil. Toe sy by die huis aankom, het die kleuter nie soos gewoonlik na haar toe gehardloop nie. Johanna het toe besef sy loop anders.

Sy het Nande se gedrag as “verdedigend” beskryf toe hy gevra is hoekom die kinders huil, en gesê dit het haar laat besef iets moes gebeur het.

Sy het die kleuter opgetel om haar te troos en besef sy het haar broek vuil gemaak.

“Ek het al gedink dit is vreemd, want sy doen goed met die potjiedissipline.”

Sy het bygevoeg sy het ’n lap gebruik om die kleuter af te vee – wat steeds by die huis is, onafgehaal as bewysstuk. Dit is bedek met bloed.

Volgens die ontstelde ma kon sy dadelik agterkom iets het baie onlangs gebeur, want toe sy haar dogter se broek uittrek, was dit deurdrenk van bloed.

“Ek het geskree toe ek dit die eerste keer gesien het,” het Johanna gesê.

Sy kon haar oë nie glo nie. Sy wou haar baba red, maar sy was nie seker hoe nie, het sy gesê.

Sy het toe opgemerk dat die tweede kleuter ook gehuil het.

Toe sy gevra is wat gebeur het, het die kleuter gesê Nande het ’n “stok uit sy broek gehaal en dit in haar vagina ingesit”.

Uiteindelik het Johanna genoeg krag bymekaargemaak om terug te stap na die cuca-winkels en haar selfoon te kry.

Hierdie keer het sy die kinders in haar vriendin se sorg gelaat.

“Ek het iemand van die vroue- en mansnetwerk gebel om die voorval aan te meld. Hierdie persoon was die een wat my gehelp het om die saak by die polisie aan te meld,” het sy gesê.

Johanna het getraumatiseer vertel dat hulle die kinders die volgende dag hospitaal toe geneem het aangesien dit reeds laat was.

Toe sy besef haar dogter is moontlik verkrag, het sy reeds die kleuter gewas om haar van ontlasting skoon te maak. Maar sy het nie die ouer kleuter gebad nie, so bewyse kon steeds ingesamel word.

PEP VIR ’N MAAND

By die hospitaal is verkragtingstelle Woensdagoggend uitgereik en die kleuters het noodmedikasie ontvang om MIV-infeksie te voorkom. Hulle sal nou vir ’n maand post-blootstelling profilakse (PEP) neem.

“Ek wonder hoekom iemand dit aan hierdie onskuldige kinders sal doen. Hulle is so jonk. As ek stilbly, is ek ’n medepligtige in die misdaad teen hierdie kinders,” het die ma gesê.

Sy erken dat daar tye is dat ouers hierdie situasies vir die publiek wegsteek, en het ma's, voogde en enige verkragtingslagoffers aangemoedig om na vore te kom sodat hulle hulp kan kry.

*Skuilnaam

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%