Dieselfde sindikate wat in Suider-Afrika betrokke is in die in onwettige handel van byvoorbeeld edelstene, goud, dwelms en gesteelde transito-kontant asook perlemoen, is klaarblyklik ook betrokke in wildmisdade en die smokkel van onder meer skilpaaie, ietermagô’s, renosterhorings en ivoor. FOTO PIXABAY
Dieselfde sindikate wat in Suider-Afrika betrokke is in die in onwettige handel van byvoorbeeld edelstene, goud, dwelms en gesteelde transito-kontant asook perlemoen, is klaarblyklik ook betrokke in wildmisdade en die smokkel van onder meer skilpaaie, ietermagô’s, renosterhorings en ivoor. FOTO PIXABAY

Smokkel wildprodukte sáám met ander items

Sindikate diversifiseer onwettige aktiwiteite
Dieselfde sindikate wat in Suider-Afrika betrokke is in die onwettige handel van onder meer edelstene, dwelms en gesteelde transitokontant, is klaarblyklik ook doenig met wildmisdade.
Elvira Hattingh
Wetstoepassers in Namibië, asook in Mosambiek en Zambië begin al hoe meer let op die onwettige smokkelary van onder meer perlemoen deur hul lande.

Dit omdat daar groeiende bewyse is dat dieselfde maatskappye en individue wat betrokke is in dié smokkelary, ook betrokke is in die uitvoer van onwettige wildprodukte en ander onwettige bedrywighede.

Inteendeel, groeiende bewyse dui op ’n samevloeiing van ander vorme van misdaad met onwettige handel in wildprodukte.

Dieselfde sindikate wat in Suider-Afrika betrokke is in onwettige handel van onder meer edelstene, goud, dwelms en gesteelde transitokontant asook perlemoen, is klaarblyklik ook doenig met wildmisdade en die smokkel van onder meer skilpaaie, ietermagôs, renosterhorings en ivoor.

Dit volgens ’n navorsingsartikel deur die Wêreldwye Inisiatief teen Transnasionale, Georganiseerde Misdaad (GI-TOC) oor die samevloeiing van wildmisdaad asook ander vorme van transnasionale georganiseerde misdaad in Oos- en Suider-Afrika.

Die artikel deur Alastair Nelson is verlede week vrygestel. Nelson is ’n senior ontleder by die GI-TOC en word as ’n kenner in wildmisdaad, korrupsie en georganiseerde misdaad beskou en is reeds vir langer as 30 jaar betrokke by die bekamping van wildmisdaad in Oos- en Suider-Afrika asook in die Horing van Afrika.

STROPERS NIE GEHARD

Nelson sê wat Namibië betref, het hy indiepteonderhoude met die Blue Rhino-taakmag asook die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme se direktoraat vir bosbou en visserye gevoer.

Volgens die verslag gebeur dit selde dat ’n samevloeiing van misdaad reeds tydens die stroping van wild plaasvind.

“Dit beteken die meeste stropers is nie geharde misdadigers wat betrokke is in verskillende tipes georganiseerde misdaad nie. Dit is egter met uitsondering van renosterstropery in Suid-Afrika en die suide van Mosambiek.

“Daar is groeiende bewyse dat geharde renosterstropers ook betrokke is in transitorooftogte, die opblaas van OTM’s en die uithuur van vuurwapens aan misdaadgroepe.

“Bewyse is ook gevind dat korrupsie en geldwassery fundamenteel tot georganiseerde misdaad is. Dus behoort ondersoeke en maatreëls ’n integrale deel van misdaadondersoeke te vorm.

“Die identifisering van korrupsie, asook korrupte fasiliteerders, vanaf die middelpunt waar onwettige produkte gesmokkel word, bied ’n geleentheid om ander vorme van misdaad, misdaadnetwerke asook –metodes beter te verstaan,” het Nelson gesê.

LAE RISIKO

Hy sê wildmisdade is oor die algemeen ’n lae risiko vir sindikate en die straf daarvoor is ligter in vergelyking met ander vorme van ernstige misdaad.

“Sommige misdaadnetwerke ‘toets’ eers smokkelroetes en metodes met wildprodukte, voor hulle dit benut om ander onwettige produkte te smokkel.

“Tog raak misdaadnetwerke wat betrokke is in die wildbedryf al hoe meer gesofistikeerd en gebruik hulle meer verfynde metodes om produkte in die hande te kry.

“Hoë waarde wildprodukte het net nog ’n waardevolle kommoditeit geraak wat georganiseerde misdaadnetwerke bekom en mee smokkel.”

Nelson sê internasionale sindikate diversifiseer na wildprodukte omdat dit hul winste kan verhoog, hul risiko’s kan versprei, operasionele koste kan verminder, vinnig aangepas kan word na gelang van die vraag of as wetstoepassers toeslaan, terwyl dit ook hul inkomste vergroot.

Nelson het die navorsing vir sy jongste artikel tussen Januarie 2021 en Augustus 2022 afgehandel.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%